Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 7:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die seuns van Yissakhar: Tola, Pu’ah, Yashuv en Shimron, vier.

2. Die seuns van Tola: `Uzi, Refayah, Yeri’el, Yagmai, Yivsam en Sh’mu’el, hoofde van hulle vaders se huise; hierdie was die seuns van Tola. Hulle was dapper manne van krag in hulle familie en hulle geslag, hulle getal in die dae van Dawid was twee en twintig duisend ses honderd.

3. Die seun van `Uzi was Yizragyah; die seuns van Yizragyah: Mikha’el, `Ovadyah, Yo’el en Yishiyah, vyf, almal leiers.

4. By hulle, volgens hulle families, volgens hulle vaders se huise, was dapper krygsmanne: ses en dertig duisend, want hulle het baie vroue en kinders gehad.

5. Hulle broers, al die families van Yissakhar, was dapper manne van krag: sewe en tagtig duisend is in hulle families getel.Gen 46:21

6. Hierdie is die name van die seuns van Binyamin: Bela, Bekher, Ashbel, Gera, Na’aman, Egi, Rosh, Mupim, Huppim en Ard.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 7