Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 24:5-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Hy het hul deur die lot verdeel, beide families dieselfde, want hulle was die leierpriesters van die Afgesonderde Plek en outoriteit oor die priesters, beide oor die seuns van El’azar en oor die seuns van Itamar.

6. Sh’ma’yah, die seun van N’tan’el, die skrywer, ’n Leviet, het hulle opgeskryf in die teenwoordigheid van koning Dawid, die oudstes van Yisra’el, Tzadok, die priester en Agimelekh, die seun van Evyatar en die hoofde van die vaders van die priesters en die Leviete; een hoof familie is gegee vir El’azar en een vir Itamar.

7. Die eerste lot het geval vir Y’hoyariv, die tweede vir Y’da’yah,

8. die derde vir Harim, die vierde vir S’orim,

9. die vyfde vir Malkiyah, die sesde vir Miyamin,

10. die sewende vir Hakkotz, die agtste vir Aviyah,

11. die negende vir Yeshua, die tiende vir Sh’kanyahu,

12. die elfde vir Elyashiv, die twaalfde vir Yakim,

13. die dertiende vir Huppah, die veertiende vir Yeshev’av,

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 24