Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 22:1-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het Dawid gesê: “Hierdie is die huis van יהוה-God en hierdie is die altaar vir die brandoffers van Yisra’el.”

2. Dawid het bevel gegee om al die proseliete wat in die land van Yisra’el was, bymekaar te maak om sommige van hulle klipkappers te maak om klippe te kap vir die huis van יהוה

3. en sommige van hulle smede te maak om yster te smee om byle en handbyle te maak om die klippe te kap. Dawid het yster en koper stawe voorberei in oorvloed, sonder om dit te weeg,

4. ook sederbome in oorvloed, want die Tzidoniërs en die Tzoriërs het vir Dawid baie sederhout gebring.

5. Dawid het gesê: “My seun Shlomo is nog jonk en dit word aangaande hom in die Boekrol gesê dat hy ’n huis vir יהוה sal bou, wat buitengewoon manjifiek sal wees, bekend en tot lof en eer regdeur alle lande; ek sal vir hom alles wat nodig is voorberei terwyl ek leef. Dawid het alles voorberei wat nodig was vir die huis en niks het gekort nie.

6. Toe het hy sy seun Shlomo geroep en vir hom gesê:

7. “Jy moet ’n huis bou vir יהוה, God van Yisra’el,

8. want Hy het deur ’n profeet vir my gesê: ‘Jy het bloed in oorvloed vergiet en groot oorloë gevoer: jy mag nie vir My Naam (Karakter en Outoriteit) ’n huis bou nie, want jy het baie bloed op die aarde vergiet voor My.2 Sh'm 12:25 sal sy naam wees en daar sal rus en vrede vir Yisra’el wees in sy dae.

9. Let op, ’n seun sal vir jou gebore word; hy sal ’n man van vrede wees en Ek sal hom rus gee van al sy vyande rondom, want Shlomo

10. Hy sal vir My Naam (Karakter en Outoriteit) ’n huis bou en hy sal vir My ’n seun wees en Ek sal vir hom ’n Vader wees. Ek sal die troon van sy koninkryk oor Yisra’el bevestig tot in ewigheid.’

11. Nou, my seun, יהוה is by jou, dat jy voorspoedig kan wees en die huis van יהוה, jou God, bou soos Hy aan my gesê het.2 Kro 1:10

12. Mag יהוה jou net wysheid en insig gee en jou aanstel oor Yisra’el, dat jy die wet van יהוה, jou God, sal onderhou, net soos Hy jou beveel het,

13. dan sal jy voorspoedig wees, as jy versigtig is om hierdie opdragte, die instellings en die oordele te onderhou net soos יהוה aan Moshe opdrag gegee het om Yisra’el te leer; dan sal jy sterk en dapper wees. Moenie vrees of moedeloos wees nie.

14. Let op, ek het vir jou alles voorberei vir die bou van die huis van יהוה. Ek het ’n honderd duisend talente goud, ’n miljoen talente silwer en yster en koper sonder gewig, niemand ken hulle gewig nie, want dit is in groot oorvloed, vir jou voorberei; ook hout en klippe het ek voorberei en jy kan nog daar byvoeg.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 22