Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 2:39-46 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

39. maar dit het gebeur aan die einde van drie jaar dat twee van Shim’i se slawe weggeloop het na Akhish, die koning van Gat, die seun van Ma’akhah. Hulle het vir Shim’i vertel en gesê: “Let op, jou slawe is in Gat.”

40. Toe staan Shim’i op en saal sy donkie op en gaan na Gat, na Akhish, om sy slawe te soek en Shim’i het gegaan en sy slawe van Gat af gebring.

41. Dit is vir Shlomo vertel dat Shim’i uit Yerushalayim na Gat gegaan en teruggekom het.

42. Die koning stuur en laat vir Shim’i roep en sê vir hom: “Het ek jou nie by יהוה laat sweer en jou ernstig gewaarsku en gesê: “Jy moet verseker weet dat op die dag dat jy weggaan en na enige plek gaan, sal jy sekerlik sterf,” nie? Jy het vir my gesê: ‘Die woord wat ek gehoor het, is goed.’

43. Waarom het jy dan nie die eed van יהוה en die opdrag wat ek jou opgelê het, gehou nie?”

44. Die koning het ook vir Shim’i gesê: “Jy ken self al die boosheid wat jy erken in jou verstand, wat jy aan my vader Dawid gedoen het; daarom sal יהוה jou boosheid op jou eie kop laat terugkeer,

45. maar koning Shlomo sal geseënd wees en die troon van Dawid sal voor יהוה vir ewig bevestig word!”

46. Die koning het B’nayah, die seun van Y’hoyada, beveel en hy het uitgegaan en hom aangeval sodat hy gesterf het. So is die koningskap bevestig in die hand van Shlomo.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 2