Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 2:32-40 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

32. יהוה sal sy bloed op sy eie kop laat terugkeer omdat hy twee manne, meer onpartydig opreg en beter as hy, aangeval en hulle met die swaard vermoor het sonder dat my vader Dawid daarvan geweet het: Avner, die seun van Ner, die bevelvoerder van die leër van Yisra’el en `Amasa, die seun van Yeter, die bevelvoerder van die leër van Y’hudah

33. sodat hulle bloed op die kop van Yo’av en op die kop van sy nageslag vir ewig kan terugkeer, maar vir Dawid, sy nageslag, sy huis en sy troon, mag daar vrede wees vanaf יהוה vir ewig.”

34. Toe het B’nayah, die seun van Y’hoyada, opgegaan en hom aangeval en hom doodgemaak en hy is begrawe by sy eie huis in die wildernis.

35. Die koning het vir B’nayah, die seun van Y’hoyada, in sy plek oor die leër aangestel en die koning het Tzadok, die priester, aangestel in die plek van Evyatar.

36. Die koning het vir Shim’i laat roep en vir hom gesê: “Bou vir jouself ’n huis in Yerushalayim en leef daar, moenie van daar af uitgaan na enige plek toe nie,

37. want op die dag dat jy uitgaan en oor die spruit Kidron gaan, moet jy verseker weet dat jy sekerlik sal sterf; jou bloed sal op jou eie kop wees.”

38. Shim’i sê toe vir die koning: “Die woord is goed. Soos my meester, die koning, gesê het, so sal u dienskneg doen.” Shim’i het baie dae in Yerushalayim gebly,

39. maar dit het gebeur aan die einde van drie jaar dat twee van Shim’i se slawe weggeloop het na Akhish, die koning van Gat, die seun van Ma’akhah. Hulle het vir Shim’i vertel en gesê: “Let op, jou slawe is in Gat.”

40. Toe staan Shim’i op en saal sy donkie op en gaan na Gat, na Akhish, om sy slawe te soek en Shim’i het gegaan en sy slawe van Gat af gebring.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 2