Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 2:27-34 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

27. So het Shlomo Evyatar ontslaan sodat hy nie meer priester van יהוה was nie, om die woord van יהוה te vervul wat Hy oor die huis van `Eli in Shiloh gespreek het.

28. Die nuus het by Yo’av gekom, want Yo’av het Adoniyah gevolg, alhoewel hy nie vir Avshalom gevolg het nie. Yo’av het na die tent van יהוה gevlug en die horings van die altaar vasgegryp.

29. Dit is vir koning Shlomo vertel dat Yo’av gevlug het na die tent van יהוה en let op, hy is langs die altaar! Toe stuur Shlomo vir B’nayah, die seun van Y’hoyada en sê: “Gaan, val hom aan.”

30. B’nayah het by die tent van יהוה gekom en vir hom gesê: “So het die koning gesê: “Kom uit.” Hy sê egter: “Nee, want ek sal sterf.” B’nayah het weer woord na die koning gebring en gesê: “Só het Yo’av gepraat en só het hy my geantwoord.”

31. Die koning sê vir hom: “Doen soos hy gepraat het en val hom aan en begrawe hom sodat jy die onskuldige bloed wat Yo’av vergiet het, van my en my vader se huis af kan verwyder.

32. יהוה sal sy bloed op sy eie kop laat terugkeer omdat hy twee manne, meer onpartydig opreg en beter as hy, aangeval en hulle met die swaard vermoor het sonder dat my vader Dawid daarvan geweet het: Avner, die seun van Ner, die bevelvoerder van die leër van Yisra’el en `Amasa, die seun van Yeter, die bevelvoerder van die leër van Y’hudah

33. sodat hulle bloed op die kop van Yo’av en op die kop van sy nageslag vir ewig kan terugkeer, maar vir Dawid, sy nageslag, sy huis en sy troon, mag daar vrede wees vanaf יהוה vir ewig.”

34. Toe het B’nayah, die seun van Y’hoyada, opgegaan en hom aangeval en hom doodgemaak en hy is begrawe by sy eie huis in die wildernis.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 2