Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 17:1-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Eliyahu, vanaf Tishbe, wat van die setlaars in Gil’ad was, het vir Ag’av gesê: “So waar as יהוה, die God van Yisra’el, leef, voor wie ek staan, daar sal sekerlik geen dou of reën in hierdie jare wees nie, behalwe op my woord!”

2. Die woord van יהוה het na hom gekom en gesê:

3. “Gaan hiervandaan weg en draai ooswaarts en steek jouself weg by die spruit K’rit, wat oos van die Yarden is.

4. Dit sal wees dat jy van die spruit sal drink en Ek het die kraaie beveel om daar vir jou te voorsien.”

5. Hy het gegaan en gedoen volgens die woord van יהוה, want hy het gaan bly by die spruit K’rit, wat oos van die Yarden is.

6. Die kraaie het in die oggend vir hom brood en vleis gebring en brood en vleis teen sonsondergang en hy het uit die spruit gedrink.

7. Dit het gebeur na ’n rukkie dat die spruit opgedroog het, want daar was geen reën in die land nie.

8. Toe kom die woord van יהוה na hom en sê:

9. “Staan op, gaan na Tzarfat wat in Tzidon is en bly daar; let op, Ek het ’n weduwee daar beveel om vir jou te voorsien.”

10. Hy het opgestaan en na Tzarfat gegaan en toe hy by die hek van die stad kom, let op, was ’n weduwee besig om daar houtjies bymekaar te maak en hy roep haar en sê: “Gaan haal asseblief vir my ’n bietjie water in die houer sodat ek kan drink.”

11. Terwyl sy gaan om dit te gaan haal, roep hy na haar en sê: “Bring asseblief vir my ’n stukkie brood in jou hand.”

12. Sy antwoord egter: “So waar as יהוה, u God, leef, ek het geen brood nie, net ’n handvol meel in die houer en ’n bietjie olie in die kruik en let op, ek maak nou ’n paar houtjies bymekaar sodat ek in kan gaan en vir my en my seun kan voorberei sodat ons dit kan eet en sterf.”

13. Toe sê Eliyahu vir haar: “Moenie vrees nie, gaan, doen soos jy gesê het, maar maak eers daarvan vir my ’n klein broodkoekie en bring dit uit vir my; daarna kan jy vir jóu en jou seun maak,

14. want so sê יהוה, die God van Yisra’el: ‘Die meel in die houer sal nie uitgeput raak of die olie in die kruik leeg word nie, tot op die dag dat יהוה reën op die aarde sal gee.”

15. Sy het gegaan en gedoen volgens die woord van Eliyahu en sy, hy en haar huishouding het vir baie dae lank geëet.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 17