Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 16:8-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. In die ses en twintigste jaar van Asa, koning van Y’hudah, het Elah, die seun van Ba’sha, oor Yisra’el koning geword in Tirtzah, twee jaar lank.

9. Sy dienskneg Zimri, bevelvoerder van die helfte van sy strydwaens, het teen hom saamgesweer. Hy het homself in Tirtzah dronk gedrink in die huis van Artza, wat oor die huishouding in Tirtzah was.

10. Toe het Zimri ingegaan en hom doodgeslaan in die sewe en twintigste jaar van Asa, koning van Y’hudah en het in sy plek koning geword.

11. Die oomblik toe hy koning word en op sy troon gaan sit, het dit gebeur dat hy die hele huishouding van Ba’sha doodgemaak het; hy het nie ’n enkele man laat oorbly nie; nie sy bloedverwante of sy vriende nie.

12. So het Zimri die hele huishouding van Ba’sha vernietig volgens die woord van יהוה wat Hy teen Ba’sha, deur die profeet Yehu, gepraat het

13. vir al die sondes van Ba’sha en die sondes van Elah, sy seun, wat hulle gesondig het en waarmee hulle Yisra’el laat sondig het, om יהוה, die God van Yisra’el, te tart tot woede met hulle afgode.

14. Die res van die dade van Elah en alles wat hy gedoen het, is dit nie opgeskryf in ‘Die Boek van die Kronieke van die konings van Yisra’el’ nie?

15. In die sewe en twintigste jaar van Asa, koning van Y’hudah, het Zimri vir sewe dae lank geheers in Tirtzah. Die manne het Gibb’ton beleër wat aan die F’lishtyne behoort.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 16