Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 16:24-34 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

24. Hy het die berg Shomron van Shemer gekoop vir twee talente silwer en op die berg gebou en die stad wat hy gebou het, Shomron genoem volgens die naam van Shemer, die eienaar van die berg.

25. `Omri het boos gedoen in die oë van יהוה en meer boos gehandel as almal wat voor hom was,

26. want hy het geloop in al die paaie van Yarov’am, die seun van N’vat en in sy sondes waarmee hy Yisra’el laat sondig het, om יהוה, die God van Yisra’el, te tart met hulle afgode.

27. Die res van die dade van `Omri, wat hy gedoen het en sy mag wat hy gewys het, is dit nie beskryf in ‘Die Boek van die Kronieke van die konings van Yisra’el’ nie?

28. `Omri is neergelê by sy vaders en is in Shomron begrawe en sy seun Ag’av het in sy plek koning geword.

29. Ag’av, die seun van `Omri, het koning geword oor Yisra’el in die agt en dertigste jaar van Asa, koning van Y’hudah en Ag’av, die seun van `Omri, het twee en twintig jaar lank in Shomron oor Yisra’el regeer.

30. Ag’av, die seun van `Omri, het boos gedoen in die oë van יהוה, meer as almal wat voor hom was.

31. Dit het gebeur, asof dit die minste was vir hom om in die sondes van Yarov’am, die seun van N’vat, te loop, dat hy Izevel, die dogter van Et-Ba’al, die koning van die Tzidoniërs, getrou het en Ba’al gaan dien en voor hom neergebuig en aanbid het.

32. Hy het vir Ba’al ’n altaar opgerig in die huis van Ba’al wat hy in Shomron gebou het.Deut 16:21

33. Ag’av het ook die Asherah opgerig. So het Ag’av meer gedoen om יהוה, die God van Yisra’el, te tart as al die konings van Yisra’el wat voor hom was.Y’ho 6:26

34. In sy dae het Hi’el, van Beit-El, Yerigo gebou; hy het sy fondasies met die verlies van Aviram, sy eersgeborene, gelê en sy poorte opgerig met die verlies van S’guv, sy jongste, volgens die woord van יהוה wat Hy deur Y’hoshua, die seun van Nun, gepraat het.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 16