Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 16:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die woord van יהוה teen Ba’sha, het tot Yehu, die seun van Hanani gekom en gesê:

2. “In sover Ek jou uit die stof opgelig en jou as leier oor My volk Yisra’el aangestel het en jy in die pad van Yarov’am geloop en My volk Yisra’el laat sondig het, om My te tart tot woede oor hulle sondes,

3. let op, Ek sal Ba’sha en sy huis verteer en Ek sal jou huis maak soos die huis van Yarov’am, die seun van N’vat.

4. Enige een van Ba’sha wat in die stad sterf, hom sal die honde eet en enige een van hom wat in die veld sterf, sal die voëls van die hemel eet.”

5. Die res van die dade van Ba’sha, wat hy gedoen het en sy mag, is dit nie opgeskryf in ‘Die Boek van die Kronieke van die konings van Yisra’el’ nie?

6. Ba’sha is neergelê by sy vaders en is begrawe in Tirtzah en sy seun Elah het in sy plek koning geword.

7. Meer nog, die woord van יהוה deur die profeet Yehu, die seun van Hanani, het ook teen Ba’sha en sy huishouding gekom, beide as gevolg van al die boosheid wat hy in die oë van יהוה gedoen het, deur Hom te tart tot woede met sy handewerk deur soos die huis van Yarov’am te wees en ook omdat hy hom doodgemaak het.

8. In die ses en twintigste jaar van Asa, koning van Y’hudah, het Elah, die seun van Ba’sha, oor Yisra’el koning geword in Tirtzah, twee jaar lank.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 16