Ou Testament

Nuwe Testament

Yoganan 3:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Een van die Fariseërs, met die naam van Nakdimon, ’n leier van die Jode, het daar gebly.

2. Hierdie man het in die nag na Yeshua toe gekom en vir Hom gesê: “Leermeester, ons weet dat U ’n leermeester is wat vanaf God gekom het, want niemand kan hierdie wondertekens doen wat U doen, as God nie by hom is nie.”Ya’a 1:18; Tit 3:5; 1 Kef 1:23

3. Yeshua antwoord en sê vir hom: “Dit is ’n tydlose waarheid wat Ek vir jou sê: as iemand nie van bo af gebore word nie, is dit onmoontlik vir hom om die Koninkryk van God te sien.”

4. Nakdimon vra vir Hom: “Hoe is dit moontlik vir ’n mens, as hy oud is, om gebore te word? Is dit nie onmoontlik vir ’n man om ’n tweede keer in sy moeder se baarmoeder in te gaan en gebore te word nie?”

5. Yeshua antwoord en sê vir hom: “Dit is ’n tydlose waarheid wat Ek vir jou sê: as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, is dit onmoontlik dat hy in die Koninkryk van God kan ingaan.

6. Dit wat uit die vlees gebore is, is vlees en dit wat uit die Gees gebore is, is Gees.

7. Moenie verbaas wees dat Ek vir jou gesê het dat dit nodig is vir julle om van bo af gebore te word nie.

8. Die Gees blaas waar Hy wil en jy hoor Sy Stem, maar jy weet nie vanwaar Hy kom en waarheen Hy gaan nie. Net so is elkeen wat uit die Gees gebore is.”

Lees volledige hoofstuk Yoganan 3