Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 7:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Asof julle nie weet nie, my broers, want ek praat met díé wat die geskrewe wet verstaan, dat die geskrewe wet outoriteit het oor die mens so lank as wat hy lewe;

2. net soos die getroude vrou in die geskrewe wet aan haar meester gebonde bly solank hy leef, maar as die man dood is, is sy deur die geskrewe wet losgemaak van haar man.

3. As sy weggaan vir ’n ander man terwyl haar meester leef, sal sy vir hom ’n egbreekster wees, maar as haar meester sou sterf, is sy vry van die geskrewe wet sodat sy nie ’n egbreekster is as sy ’n ander man s’n word nie.

4. Nou, my broers, is julle ook dood vir die geskrewe wet, deur die liggaam van Die Gesalfde Een, om aan ’n ander te mag behoort, naamlik aan Hom wat uit die dood uit opgestaan het sodat julle vir God vrugte kan dra,Deut 27, 28

5. want toe ons in die ou natuur was, het die siektes van die sonde wat deur die geskrewe wet kom, ywerig in ons lede gewerk om vir die dood vrugte te dra,

6. maar nou is ons vrygespreek van dié geskrewe wet en het ons dit wat ons beheer afgesterf sodat ons van nou af slawe is van wat nuut is uit die Gees en nie van die oue wat uit die geskrewe letter is nie.Eks 20:17; Deut 5:21

7. Wat sal ons daarom sê? Is die geskrewe wet sonde? ’n Verwerplike gedagte! Ek sou nie weet wat is sonde anders as deur die wet nie, want ek sou ook nie begeerte geken het as die wet nie gesê het: “Jy mag nie begeer nie.”

Lees volledige hoofstuk Romeine 7