Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 2:2-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. maar ons weet dat die oordeel van God in waarheid bestaan oor die wat sulke dinge voortdurend doen.

3. Hoekom dink jy, o mens, wat húlle veroordeel wat sulke dinge voortdurend doen en dit sélf doen sodat jy die oordeel van God sal ontvlug?

4. Of waag jy dit teen die rykdom van Sy sagte goedheid en teen die geduld van Sy Gees en teen die plek wat Hy vir jou gegee het en besef jy nie dat die sagte goedheid van God jou wil lei om van die sonde af weg te draai na God toe nie?

5. As gevolg van die onsensitiwiteit van jou verstand, wil en emosie wat nie wil wegdraai van sonde af nie, versamel jy vir jou ’n skat van toorn vir die dag van die toorn en openbaring van die regverdige oordeel van God.Ps 62:13; Spr 24:12; Iyov 34:11

6. Hy wat elkeen beloon volgens sy dade:

7. aan die wat deur die geduldige volharding in goeie werke die Gemanifesteerde Teenwoordigheid, waarde en onverganklikheid soek, gee Hy die ewige lewe,

8. maar aan die wat die waarheid weerstaan en nie gehoorsaam nie, maar aan die bose gehoorsaam is, gee Hy woede, toorn,

9. lyding en moeilikheid; aan elke mens wat aanhou om die bose te doen, eerstens aan die Jood en ook aan die Arameër,

10. maar die Gemanifesteerde Teenwoordigheid, eer, vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid vir elkeen wat aanhou goed doen, eerstens vir die Jood en ook vir die Arameër,

11. want daar is geen aanneming van die persoon by God nie.

12. Hulle wat sonder die geskrewe wet gesondig het, sal ook sonder die geskrewe wet vernietig word en hulle wat die geskrewe wet oortree het, sal deur die geskrewe wet veroordeel word,

13. want dit is nie die hoorders van die geskrewe wet wat by God onskuldig is nie, maar die wat die wet doen, word onskuldig verklaar.

14. Wanneer die ander nasies, wat nie die geskrewe wet het nie, van nature die dinge van die geskrewe wet doen, is hulle vir hulleself die geskrewe wet, al het hulle nie die geskrewe wet gehad nie.Yir 31:33 en hulle gewete saam getuienis gee terwyl hulle redevoering elkeen beskuldig of verdedig

15. Daardeur wys hulle dat die doen van die geskrewe wet op hulle verstand, wil en emosie geskrywe staan

Lees volledige hoofstuk Romeine 2