Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 11:7-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Hoekom het Yisra’el, behalwe die gekoses, dan nie dít gevind waarna hulle gesoek het nie, maar die ander is verblind in hulle verstand, wil en emosie?Deut 29:3,4; Yes 6:9; Yes 29:10; Yeg 12:2; Mat 13:14,15; Yog 12:40

8. Net soos geskryf is: “God het hulle ’n hardkoppige gees gegee, oë wat nie sien nie en ore wat nie hoor nie, tot vandag toe.”

9. Dawid sê weer: “Hulle tafel sal vir hulle ’n valstrik wees en hulle beloning ’n oortreding.Ps 69:23-24

10. Laat hulle oë donker word sodat hulle nie kan sien nie en laat hulle rug aanhoudend oorgebuig wees,”Deut 32:21

11. maar ek vra: “Het hulle gestruikel sodat hulle geval het?” ’n Verwerplike gedagte! Inteendeel, deur hulle struikeling het daar verlossing vir die ander nasies gekom, om hulle jaloers te maak

12. en as hulle oortreding waardevol vir die wêreld is en hulle veroordeling waardevol is vir die ander nasies, hoeveel te meer nie hulle volheid nie!

13. Want aan julle, die ander nasies sê ek; ek wat die afgevaardigde na die ander nasies is; ek eer my dienswerk,

14. om miskien my volksgenote jaloers te maak en sommige van hulle te red,

15. want as hulle verwerping die herstel van die verhouding vir die wêreld is, hoeveel te meer sal hulle terugkeer nie lewe uit die dood wees nie?Num 15:18-21 dan ook die geheel en as die wortel afgesonderd is, dan die takke ook.

16. As die eerste vrugte afgesonderd is,

17. As sommige van die takke afgesny is en jy wat ’n wilde olyfboom is, in hulle plek ingeënt is en deel gekry het aan die wortel en die vettigheid van die olyfboom,

18. moet jou dan nie teen die takke verhoog nie en as jy jou verhoog; dit is nie jy wat die wortel dra nie, maar die wortel vir jou!

19. Sonder twyfel sal jy sê: “Die takke is afgesny sodat ek in hulle plek ingeënt kon word.”Yir 5:10; Yir 11:16 maar jy staan deur vertroue. Moenie arrogant wees in jou gedagtes nie, maar vrees,

20. Goed, hulle is afgesny omdat hulle nie vertrou het nie,

Lees volledige hoofstuk Romeine 11