Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 11:1-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Sê ek dat God Sy volk weggestoot het? ’n Verwerplike gedagte,Ps 94:14; 1 Sh'm 12:22 nie weggestoot nie. Of weet julle nie wat die Skrif in die gedeelte oor Eliyahu sê toe hy by God oor Yisra’el gekla het nie?

2. God het Sy volk wat Hy van die begin af geken het,1 Kon 19:10,14

3. “My Meester, hulle het U profete vermoor en U altare omgegooi; ek het alleen oorgebly en hulle soek my lewe!”1 Kon 19:18

4. Dit is vir hom deur openbaring gesê: ”Let op, Ek het vir Myself sewe duisend manne uitgehou wat nie die knie voor Ba’al gebuig en hom aanbid het nie.”

5. Dit is ook dieselfde in die teenwoordige tyd: daar is ’n oorblyfsel gekies uit onverdiende guns,

6. maar as dit uit onverdiende guns is, dan is dit nie vanuit dade nie, anders is onverdiende guns geen onverdiende guns nie, maar as dit uit dade is, dan is dit nie meer onverdiende guns nie, anders is dade geen dade meer nie.Rom 9:31

7. Hoekom het Yisra’el, behalwe die gekoses, dan nie dít gevind waarna hulle gesoek het nie, maar die ander is verblind in hulle verstand, wil en emosie?Deut 29:3,4; Yes 6:9; Yes 29:10; Yeg 12:2; Mat 13:14,15; Yog 12:40

8. Net soos geskryf is: “God het hulle ’n hardkoppige gees gegee, oë wat nie sien nie en ore wat nie hoor nie, tot vandag toe.”

9. Dawid sê weer: “Hulle tafel sal vir hulle ’n valstrik wees en hulle beloning ’n oortreding.Ps 69:23-24

10. Laat hulle oë donker word sodat hulle nie kan sien nie en laat hulle rug aanhoudend oorgebuig wees,”Deut 32:21

11. maar ek vra: “Het hulle gestruikel sodat hulle geval het?” ’n Verwerplike gedagte! Inteendeel, deur hulle struikeling het daar verlossing vir die ander nasies gekom, om hulle jaloers te maak

12. en as hulle oortreding waardevol vir die wêreld is en hulle veroordeling waardevol is vir die ander nasies, hoeveel te meer nie hulle volheid nie!

Lees volledige hoofstuk Romeine 11