Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 6:10-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. en hulle het met ’n harde stem uitgeroep en gesê: “יהוה, Afgesonderd en Waar, hoe lank nog voordat U die inwoners van die aarde gaan oordeel en terugbetaal vir ons bloed?”

11. Aan elkeen van hulle is lang wit klere gegee en gesê dat hulle nog ’n klein rukkie moes rus totdat die volle getal van hulle deelgenote en broers, wat ook nog doodgemaak sou word, net soos hulle, bereik sou word.

12. Ek het gesien toe Hy die sesde seël oopgemaak het en daar het ’n groot aardbewing gekom, die son het swart geword soos ’n harige sak, die maan het volkome soos bloed geword,

13. die sterre van die hemel het bo die aarde geval, soos ’n vyeboom wat deur ’n groot wind geskud word, sy na-vye laat afval;

14. die hemele is verdeel en soos boekrolle opgerol, al die berge en eilande is van hulle plekke af beweeg

15. en die konings van die aarde, die prinse, die kapteins oor duisend, die rykes, die magtiges, al die slawe en al die vrymense het weggekruip in die grotte en tussen die rotse van die bergeHos 10:8 van die Teenwoordigheid van die Lam,Yog 5:22; Hand 17:31; Rom 2:16

16. en vir die berge en die rotse gesê: “Val op ons en steek ons wegYes 2:12; Yir 46:10; Tz’f 1:18; Tz’f 2:2-3 het gekom en wie is in staat om te staan?”Open 5:10

17. want die groot dag van Sy wraak

Lees volledige hoofstuk Openbaring 6