Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 20:7-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Wanneer die duisend jaar verby is, sal die teëstander uit sy gevangenis vrygelaat word

8. en hy sal uitgaan om die nasies vanuit die vier hoeke van die aarde te verlei, Gog en die Magog, om hulle bymekaar te maak vir die oorlog, hulle wat soveel is as die sand van die see.Yeg 38:22; Yeg 39:6

9. Hulle het opgetrek vir oorlog oor ’n oop deel van die aarde en die stad van die kamp van die afgesonderdes en die stad vir wie ons lief is, omsingel en vuur het vanaf God uit die hemel afgekom en hulle verbrand.

10. Die valse aanklaer, hulle misleier, is in die meer van vuur en swael gegooi, waarin die dier en die vals profeet is en hulle sal dag en nag gepynig word, vir tydlose ewigheid.

11. Ek het ’n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor Wie se Teenwoordigheid die aarde en die hemel weggevlug het en daar is geen plek vir hulle gevind nie.Mal 3:16; Ps 69:29; Ps 139:16; Dan 12:1; Fil 4:3

12. Ek het dié wat dood is, klein en groot, wat voor die troon staan, gesien. Boekrolle is oopgemaak en ’n ander boekrol, wat die boekrol van oordeel is, is oopgemaak en dié wat dood is, is geoordeel volgens wat in die boekrolle geskryf is, volgens hulle dade.Dan 12:2

13. Die see het dié wat daarin is opgegee en die dood en Sh’ol het dié wat daarin is opgegee en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy dade.

14. Toe is die dood en Sh’ol in die meer van vuur gegooi. Hierdie is die tweede dood.

15. Wie ook al gevind is om nie opgeskryf te wees in die boekrol van die lewe nie, is in die meer van vuur gegooi.Yes 65:17-19; Yes 66:22

Lees volledige hoofstuk Openbaring 20