Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 9:16-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. Niemand sit ’n nuwe stuk lap op ou klere sodat die aangelapte stuk nie afskeur en daar ’n groter skeur kom nie.

17. Net so gooi hulle ook nie nuwe wyn in ou leersakke sodat die sakke nie breek en die wyn mors en die sakke vernietig word nie. ’n Mens gooi egter nuwe wyn in nuwe sakke en albei word bewaar.”

18. Terwyl Hy hierdie dinge vir hulle sê, kom daar ’n sekere heerser en buig voor Hom neer en sê: “My dogter is in hierdie uur dood, maar kom lê U hand op haar en sy sal lewe.”

19. Yeshua en sy studentevolgelinge het opgestaan en hom gevolg,Num 15:38

20. en let op, ’n vrou wat twaalf jaar lank aan bloedvloeiing gely het, het van agter af gekom en die bloulyn-soomtossel van Sy kleed aangeraak,

21. want sy het in haarself gesê: “Selfs as ek net Sy klere kan aanraak, sal ek gesond word.”

22. Yeshua het omgedraai en haar gesien en gesê: “Wees bemoedig My dogter, jou vertroue het jou gered” en die vrou is van daardie oomblik af genees.

23. Yeshua het by die huis van die heerser gekom en die weeklaers en die groep omgekrapte mense gesien.

24. Hy sê vir hulle: “Gaan julle weg, want die dogter is nie dood nie, maar slaap.” Hulle het vir Hom gelag.

25. Nadat Hy die skare uitgestuur het, het Hy ingegaan, haar hand vasgevat en die dogter laat opstaan.

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 9