Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 6:15-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. maar as julle ander se oortredinge nie vergewe nie, het julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.

16. Wanneer julle vas, moenie treurig lyk soos die toneelspelers van ’n vals karakter nie, want hulle misvorm hul gesigte sodat mense kan sien dat hulle vas. Dit is waar wat Ek vir julle sê, hulle het reeds hul beloning ontvang,

17. maar jy, wanneer jy vas, was jou gesig en salf jou kop

18. sodat niemand sal sien dat jy vas nie, behalwe jou Vader wat in die geheim is en jou Vader wat sien wat in die geheim gedoen word, sal jou in die openbaar beloon.

19. Moenie vir julle skatte opgaar hier op die aarde, waar motte en roes vernietig en waar diewe inbreek en steel nie,

20. maar stoor vir julleself skatte in die hemel, waar mot of roes nie verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie,

21. want waar julle rykdom is, daar sal julle gedagtes, wil en emosie ook wees.

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 6