Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 3:2-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. en gesê: “Draai weg van julle sondes na God toe, want die Koninkryk van die hemel is naby!”Yes 40:3; Mal 3:1

3. Dit is die man van wie die profeet Yesha’yahu gepraat het toe hy gesê het: “Die stem van een wat uitroep: ‘Berei die pad van יהוה in die wildernis voor en maak Sy paaie gelyk!’”

4. Hierdie Yoganan het klere gedra van kameelhare en ’n leergordel om sy heupe en sy kos was sprinkane en heuning uit die veld.

5. Mense vanaf Yerushalayim, vanaf die hele Y’hudah en van die hele omtrek van die Yarden, het uitgegaan na hom toe.

6. Met erkenning en aflegging van hulle sondes, is hulle deur hom in die Yardenrivier gedoop,

7. maar toe Yoganan baie van die Fariseërs en Saduseërs sien kom om deur hom gedoop te word, sê hy vir hulle: “Nageslag van Adders! Wie het julle gewaarsku om te vlug van die komende straf?

8. Produseer daarom vrugte wat waardig is aan een wat weggedraai het van sy sondes na God toe

9. en moenie dink en in julleself sê: ‘Avraham is ons Vader nie,’ want ek sê vir julle dat God uit hierdie klippe kinders vir Avraham kan opwek!

10. Let op, die byl is ook alreeds teen die wortel van die bome neergelê, gereed om te kap; elke boom wat daarom nie goeie vrugte dra nie, word afgekap en val in die vuur!

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 3