Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 2:7-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Toe het Herodes die geleerde manne in die geheim laat roep en hulle gevra watter tyd die ster aan hulle verskyn het.

8. Hy het hulle na Beit-Legem gestuur met die opdrag: “Soek noukeurig na die Seun en wanneer julle Hom kry, laat my weet sodat ek ook kan gaan en Hom aanbid.”

9. Nadat hulle na die koning geluister het, het hulle weggegaan en die ster wat hulle in die Ooste gesien het, het voor hulle uitgegaan totdat dit oor die plek waar die Seun was, stilgestaan het.

10. Hulle was vol vreugde om die ster te sien.

11. Hulle het die huis ingegaan en die Seun by Miryam, sy moeder, gesien en neergeval en Hom aanbid. Hulle het hulle skatte oopgemaak en vir Hom geskenke van goud, mirre en wierook aangebied.

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 2