Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 2:2-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. en gevra: “Waar is die Koning van die Y’hudahiete, wat gebore is, want ons het Sy ster in die Ooste gesien en gekom om Hom te aanbid?”

3. Toe koning Herodes dit hoor, was hy ontsteld en die hele Yerushalayim saam met hom.

4. Hy het al die leierpriesters en die leraars van die wet van die volk bymekaar laat kom en vir hulle gevra: “Waar sou Die Gesalfde Een gebore word?”

5. “Te Beit-Legem in Y’hudah,” het hulle geantwoord, “want so is dit geskryf in die profete:Mik 5:1-3

6. ‘En jy, Beit-Legem, in die land van Y’hudah, is nie die geringste onder die konings van Y’hudah nie, want uit jou sal die Koning voortkom wat vir My volk Yisra’el ’n Herder sal wees’.”

7. Toe het Herodes die geleerde manne in die geheim laat roep en hulle gevra watter tyd die ster aan hulle verskyn het.

8. Hy het hulle na Beit-Legem gestuur met die opdrag: “Soek noukeurig na die Seun en wanneer julle Hom kry, laat my weet sodat ek ook kan gaan en Hom aanbid.”

9. Nadat hulle na die koning geluister het, het hulle weggegaan en die ster wat hulle in die Ooste gesien het, het voor hulle uitgegaan totdat dit oor die plek waar die Seun was, stilgestaan het.

10. Hulle was vol vreugde om die ster te sien.

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 2