Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 19:8-27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Hy sê vir hulle: “Omdat Moshe julle weens die ongevoeligheid van julle verstand, wil en emosie toegelaat het om van julle vroue te skei, maar aanvanklik was dit nie so nie.

9. Ek sê vir julle dat wie ook al van sy vrou skei, anders as oor seksuele immoraliteit en ’n ander een trou, egbreuk pleeg en wie ook al met die geskeide vrou trou, pleeg egbreuk.”

10. Sy studentevolgelinge sê vir Hom: “As dit die aanklag tussen ’n man en ’n vrou is, dan is dit nie raadsaam om ’n vrou te vat nie,”

11. maar Hy sê vir hulle: “Nie almal begryp hierdie boodskap nie, maar net dié aan wie dit gegee is.

12. Daar is onbekwames wat van hulle moeders se baarmoeder af so gebore is en daar is persone wat deur die mense onbekwaam gemaak is en daar is persone wat hulleself onbekwaam gemaak het ter wille van die Koninkryk van die hemel. Wie dit kan aanvaar, laat hom dit ontvang.”

13. Toe bring hulle kinders na Hom toe sodat Hy Sy hand op hulle kan lê en vir hulle bid en Sy studentevolgelinge het hulle bestraf,

14. maar Yeshua sê vir hulle: “Laat die kinders na My toe kom en moet hulle nie verbied nie, want aan dié wat só is soos hulle behoort die Koninkryk van die hemel.”

15. Hy het Sy hand op hulle gelê en daarvandaan weggegaan.

16. Daar kom een na Hom toe en sê vir Hom: “Goeie Leermeester, watter goeie ding moet ek doen sodat ek ewige lewe kan hê?”Open 22:14

17. Hy sê vir hom: “Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe Een, naamlik God, maar as jy in die lewe wil ingaan, gehoorsaam die opdragte.”Eks 20:13-16 “Jy mag nie moord pleeg nie, jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie vals getuienis gee nie;

18. Hy vra vir Hom: “Watter?” Yeshua sê vir hom:Eks 20:12 en wees vir jou naaste lief net soos vir jouself.”Lev 19:18

19. eer en respekteer jou vader en moeder

20. Die jongman sê vir Hom: “Al hierdie dinge het ek onderhou van kindsbeen af, wat kom ek kort?”

21. Yeshua sê vir hom: “As jy volmaak wil wees, gaan verkoop jou besittings en gee dit aan die armes en jy sal ’n skat in die hemel hê en kom hier, volg My,”

22. maar toe die jongman dié boodskap hoor, het hy bedroef weggegaan, want hy het baie besittings gehad.

23. Yeshua sê vir Sy studentevolgelinge: “Dit is waar, Ek sê vir julle, dit is moeilik vir ’n ryk man om in die Koninkryk van die hemel in te gaan.Iyov 24:22

24. Ek sê weer vir julle, dit is makliker vir ’n kameelhaartou om deur die oog van ’n naald te gaan as vir ’n ryk man om in die Koninkryk van God in te gaan.”

25. Toe sy studentevolgelinge dit hoor, was hulle baie verbaas en sê: “Wie kan dan lewe?”

26. Yeshua het na hulle gekyk en vir hulle gesê: “Vir mense is dit nie moontlik nie, maar by God is alle dinge moontlik.”

27. Toe antwoord Kefa en sê vir Hom: “Let op, ons het alles verlaat en saam met U gekom, wat sal dan vir ons gedoen word?”

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 19