Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 18:6-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. en elkeen wat ’n oortreding begaan teenoor een van hierdie kleintjies, wat in My vertrou, vir hom is dit beter dat ’n donkie se meulsteen aan sy nek gehang word en hy wegsink in die diepte van die see.

7. Wee die wêreld weens oortredinge! Dit is wel noodsaaklik dat daar struikelblokke kom, maar wee die mens deur wie die struikelblokke kom.

8. As jou hand of jou voet vir jou ’n struikelblok is, kap dit af en gooi dit weg van jou af (stop dit en laat staan), want dit is vir jou beter om die lewe in te gaan, kreupel of vermink (met minder), as om twee hande of voete te hê en in die ewige vuur te val

9. en as jou oog vir jou ’n struikelblok is, ruk dit uit en gooi dit weg van jou af (stop dit en laat staan dit). Dit is vir jou beter om met een oog die lewe in te gaan (nie alles te sien nie), as om twee oë te hê en in die hel van vuur te val.

10. Pas op dat julle nie een van hierdie kleintjies verag nie, want Ek sê vir julle dat hulle engele in die hemel altyd die Teenwoordigheid van My Vader, wat in die hemel is, sien,

11. want die Seun van die mens het gekom om te red, wie ook al verlore is.

12. Wat dink julle? As iemand ’n honderd skape het en een van hulle dwaal weg, sal hy nie die nege en negentig laat staan en op die heuwels die weggedwaalde een gaan soek nie?

13. Waarlik, Ek sê vir julle dat as hy hom kry, hy blyer is oor hom as oor die nege en negentig wat nie weggedwaal het nie.

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 18