Ou Testament

Nuwe Testament

Markos 4:2-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. Hy het hulle baie deur vergelykende stories geleer en vir hulle in Sy leringe gesê:

3. “Luister en doen: ’n saaier het uitgegaan om te saai

4. en terwyl hy saai, het sommige langs die pad geval en ’n voël het gekom en dit geëet,

5. maar ander saad het op die rots geval waar nie baie grond was nie en dit het vinnig ontkiem omdat dit geen diep grond gehad het nie,

6. maar toe die son opkom, is dit verskroei en omdat dit geen wortel gehad het nie, het dit opgedroog.

7. Ander het tussen die dorings geval en die dorings het opgekom en dit versmoor en dit het geen vrug gedra nie.

8. Ander het in die goeie grond geval en dit het opgekom en gegroei en vrug gedra: een dertig-, een sestig- en een honderdvoudig.”

9. Hy sê vir hulle: “Wie ore het wat hoor, laat hom luister.”

10. Toe Hy egter alleen was, het die wat saam met die twaalf, naby Hom was, Hom aangaande die vergelykende storie gevra

Lees volledige hoofstuk Markos 4