Ou Testament

Nuwe Testament

Markos 13:2-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. Yeshua antwoord en sê vir hom: “Kyk jy na hierdie groot strukture? Daar sal sekerlik nie een klip op die ander gelos word wat nie afgebreek sal word nie!”

3. Toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, regoor die tempel, het Kefa, Ya’akov, Yoganan en Andreas privaat vir Hom gevra:

4. “Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge gebeur en wat is die teken wanneer al hierdie dinge nader kom om vervul te word?”

5. Yeshua begin om vir hulle te sê: “Pas op dat niemand julle laat afdwaal nie,

6. want baie sal in My Naam (Karakter en Outoriteit) kom en sê: ‘ אנא אנא - Ek is, was, sal wees Wie Ek is, was, sal wees’ en hulle sal baie mislei,

7. maar wanneer julle hoor van oorloë en verslae van gevegte, moenie bang wees nie, want dit sal gebeur, maar dit is nog nie die einde nie,

8. want volksgroep sal teen volksgroep opstaan en koninkryk teen koninkryk; daar sal aardbewings wees op verskillende plekke en daar sal hongersnode wees en oproere. Hierdie dinge is die begin van die geboortepyne.

9. Wees versigtig vir julleself, want hulle sal julle oorlewer aan die regters en in plekke van bymekaarkoms sal julle geslaan word en gebring word om voor heersers en konings te staan ter wille van My, tot ’n getuienis vir hulle.

10. Die goeie boodskap moet eers aan al die volksgroepe verkondig word

11. en wanneer hulle julle wegvat om julle oor te lewer, moenie julle vooraf bekommer oor wat julle sal sê of daaroor dink nie, behalwe wat julle in daardie uur gegee word, dit moet julle sê, want dit is nie julle wat praat nie, maar die Gees van Afsondering.

12. Broer sal broer tot die dood oorlewer; die vader sy kind en die kinders sal teen hulle ouers opstaan en hulle doodmaak

13. en julle sal deur almal gehaat word ter wille van My Outoriteit en Karakter, maar wie uithou tot die einde toe, hy sal gered word.Dan 9:27; Dan 11:31 sien staan in die plek waar hy nie mag nie, moet die leser verstaan, dan moet dié wat in Y’hudah is, vlug na die berge

14. Wanneer julle dan die teken van die verwerplikheid van afgodery, waarvan gepraat is deur die profeet Dani’el,

Lees volledige hoofstuk Markos 13