Ou Testament

Nuwe Testament

Markos 12:15-28 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. Hy het egter hulle valsheid geken en vir hulle gesê: “Waarom toets julle My? Bring vir My ’n denarion dat Ek dit kan sien.”

16. Hulle het dit gebring en Hy sê vir hulle: “Wie se beeld en inskripsie is die?” Hulle antwoord Hom: “Die keiser s’n.”

17. Toe antwoord Yeshua en sê vir hulle: “Gee aan die keiser wat die keiser s’n is en aan God wat God s’n is” en hulle was verwonderd oor Hom.

18. Die Saduseërs kom ook na Hom toe, dié wat sê dat daar geen opstanding uit die dood is nie en hulle vra Hom en sê:Deut 25:5-6

19. “Leermeester, Moshe het vir ons geskryf dat as iemand se broer doodgaan en ’n vrou agterlaat en geen seuns nalaat nie, moet sy broer sy vrou vat en seuns hê ter wille van sy broer.

20. Daar was sewe broers en die eerste het ’n vrou geneem en doodgegaan sonder om ’n seun na te laat

21. en die tweede het haar gevat en gesterf en hy het ook geen seuns nagelaat nie en die derde net so.

22. Al sewe het haar gevat en geen seuns nagelaat nie. Laaste van almal is die vrou ook dood.

23. In die opstanding dan, wie van hulle se vrou sal sy wees, want al sewe het haar as vrou gehad?”

24. Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Is dit nie die rede hoekom julle dwaal nie: dat julle die Skrifte en ook die krag van God nie ken nie?

25. Wanneer hulle uit die dood opstaan, vat hulle nie vrouens nie en word hulle nie mans se vrouens nie, maar is hulle net soos die engele in die hemel.Eks 3:6

26. Wat die opstaan van dooies betref, het julle nie gelees in die Skrifte van Moshe hoedat God vir hom vanaf die doringbos gesê het: ‘ אנא אנא - Ek is, was, sal wees Wie Ek is, was, sal wees, die God van Avraham, die God van Yitz’gak en die God van Ya’akov nie?’

27. Hy is nie God van die dooies nie, maar God van lewendes. Daarvolgens dwaal julle grootliks.”

28. Een van die leraars van die wet, wat nadergekom het en gehoor het wat hulle bespreek, sien dat Hy hulle goed geantwoord het en hy vra vir Hom: “Watter een is die eerste opdrag van almal?”

Lees volledige hoofstuk Markos 12