Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 7:1-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Nadat Hy klaar gepraat het met die mense, het Hy K’far-Nagum binnegegaan.

2. Die slaaf van ’n sekere kaptein oor ’n honderd, wat vir hom kosbaar was, was baie siek en het op sterwe gelê.

3. Hy het van Yeshua gehoor en oudstes van die Jode na Hom toe gestuur met die versoek dat Hy moes kom en die lewe van sy slaaf moes red.

4. Toe hulle by Yeshua kom, het hulle Hom ernstig versoek en gesê: “Hy is waardig dat U dit vir hom doen,

5. want hy het ons volk lief en het self die bymekaarkomplek vir ons gebou.”

6. Yeshua het saam met hulle gegaan, maar toe Hy nie ver van die huis af was nie, stuur die kaptein oor ’n honderd vriende na Hom om vir Hom te sê: “My Meester, moenie moeite doen nie, want ek is nie waardig dat U onder my dak inkom nie;

7. daarom het ek my ook nie by regte geag om na U te gaan nie, maar sê ’n woord en my dienskneg sal gesond word,

8. want ek is ook ’n man wat onder outoriteit gesit is en ek het soldate onder my en vir hierdie een sê ek: ‘Gaan!’ en hy gaan en vir ’n ander een: ‘Kom!’ en hy kom en vir my slaaf: ‘Doen dit!’ en hy doen dit.”

9. Toe Yeshua dit hoor, het Hy hom verwonder oor hom en Hy draai Hom om en sê vir die mense wat saam met Hom loop: “Ek sê vir julle, selfs nie in Yisra’el het Ek so ’n groot vertroue gekry nie.”

10. Toe die wat gestuur was, teruggaan in die huis, vind hulle die siek slaaf reeds gesond.

11. Dit het gebeur dat Hy, Sy studentevolgelinge en ’n skare mense saam met Hom, die volgende dag na ’n dorp met die naam van Na’in gegaan het.

12. Toe Hy die poort van die dorp nader, sien Hy daar word ’n dooie uitgedra, die enigste seun van sy moeder, ’n weduwee en baie mense van die dorp was saam met haar.

13. Yeshua het haar gesien en het liefdevol omgegee vir haar en vir haar gesê: “Moenie huil nie!”

Lees volledige hoofstuk Luka 7