Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 6:37-49 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

37. Julle moenie oordeel nie, dan sal julle nie geoordeel word nie. Julle moenie veroordeel nie, dan sal julle nie veroordeel word nie. Spreek vry en julle sal vrygespreek word.

38. Gee en aan julle sal gegee word, ’n goeie maat wat ingestamp en oorlopend is, sal hulle in julle skoot gee, want met dieselfde maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.”

39. Hy het vir hulle ’n vergelykende storie vertel: “Is dit moontlik vir ’n blinde om ’n blinde te lei? Sal albei van hulle nie in ’n sloot val nie?Mat 5:48

40. Daar is nie ’n studentevolgeling groter as sy leermeester nie. Elkeen wat volmaak gemaak is, sal soos sy leermeester wees.

41. Hoekom merk jy die splinter op in die oog van jou broer, maar die balk in jou eie oog, is nie vir jou duidelik nie?

42. Of hoe kan jy vir jou broer sê: ‘My broer, laat my toe om die splinter wat in jou oog is, uit te haal,’ maar let op, die plank wat in jou oog is, sien jy nie? Toneelspelers van ’n vals karakter, haal eers die plank uit jou oog uit, dan sal vir jou die vermoë gegee word om die splinter uit jou broeder se oog uit te haal.

43. Dit is nie ’n goeie boom wat slegte vrugte dra nie en ook nie ’n slegte boom wat goeie vrugte dra nie,

44. want elke boom word geken aan sy vrugte omdat hulle nie vye pluk van dorings nie en hulle pluk ook nie druiwe van ’n bos nie.

45. Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy verstand, wil en emosie te voorskyn wat goed is en die bose mens bring uit die bose skat van sy verstand, wil en emosie te voorskyn wat boos is, want uit die volheid van die verstand, wil en emosie praat die lippe.

46. Hoekom noem julle My: ‘My Meester, my Meester,’ en doen nie wat Ek sê nie?

47. Elke persoon wat na My toe kom, My boodskap gehoor het en dit doen; Ek sal julle wys soos wie hy is:

48. hy is soos ’n man wat ’n huis bou, wat diep gegrawe en die fondament op die rots gelê het en toe daar ’n vloed kom slaan die vloed teen die huis aan en kon dit nie skud nie, want sy fondament was op die rots.

49. Hy wie dit hoor en dit nie doen nie, is soos ’n man wat ’n huis sonder fondament op die grond bou en toe die rivier daarteen slaan, het dit in ’n oomblik geval en die val van daardie huis was groot.”

Lees volledige hoofstuk Luka 6