Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 18:16-29 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. maar Yeshua self het hulle na Hom toe geroep en gesê: “Laat die kinders na My toe kom en moet hulle nie wegstuur nie, want aan dié wat soos hulle is, behoort die Koninkryk van God.

17. Dit is waar, Ek sê vir julle, elkeen wat nie die Koninkryk van God soos ’n klein kindjie ontvang nie, sal nooit daar ingaan nie.”

18. ’n Sekere leier vra Hom en sê: “Goeie Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te erf?”

19. Yeshua sê vir hom: “Waarom noem jy My goed? Daar is nie een goed nie behalwe die Een God.Eks 20:12-16; Deut 5:16-20 Jy mag nie moord pleeg nie; jy mag nie egbreuk pleeg nie; jy mag nie steel nie; jy mag nie ’n vals getuienis gee nie; eer jou vader en jou moeder.”

20. Jy ken die opdragte:

21. Hy sê vir Hom: “Al hierdie dinge gehoorsaam ek van my kinderdae af.”

22. Toe Yeshua dit hoor, antwoord Hy hom: “Nog een ding kom jy kort; verkoop alles wat jy het en gee dit vir die armes en jy sal ’n skat in die hemel hê; kom dan hier, volg My.”

23. Toe hy dit hoor, het hy diep bedroef geword, want hy was baie ryk.

24. Toe Yeshua sien dat hy diep bedroef geword het, sê Hy: “Hoe moeilik is dit vir hulle wat rykdom besit om in die Koninkryk van God in te gaan,Iyov 24:22

25. want dit is makliker vir ’n kameelhaartou om deur die oog van ’n naald te gaan as vir ’n ryk man om in die Koninkryk van God in te gaan.”

26. Die wat dit gehoor het, sê vir Hom: “Wie kan dan die lewe hê?”

27. Yeshua antwoord: “Dit wat by mense onmoontlik is, is by God moontlik.”

28. Shim’on Kefa sê vir Hom: “Let op, ons het alles gelos en U gevolg.”

29. Yeshua sê vir hom: “Waarlik, Ek sê vir julle, daar is niemand wat huis of ouers of broers of vrou of kinders verlaat het ter wille van die Koninkryk van God,

Lees volledige hoofstuk Luka 18