Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 18:12-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Ek vas twee keer gedurende die week en ek gee ’n tiende van alles wat ek ontvang.’

13. Die belastinggaarder het ver weg gestaan en wou selfs nie sy oë na die hemel oplig nie, maar het op sy bors geslaan en gesê: ‘O God, wys my, die sondaar, onverdiende guns!’

14. Ek sê vir julle, hiérdie man het onskuldig na sy huis gegaan, eerder as die Fariseër, want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word en hy wat homself verneder, sal verhoog word.”

15. Toe het hulle ook die babas na Hom toe gebring sodat Hy hulle kon aanraak, maar toe die studentevolgelinge dit sien, het hulle hul verbied,

16. maar Yeshua self het hulle na Hom toe geroep en gesê: “Laat die kinders na My toe kom en moet hulle nie wegstuur nie, want aan dié wat soos hulle is, behoort die Koninkryk van God.

17. Dit is waar, Ek sê vir julle, elkeen wat nie die Koninkryk van God soos ’n klein kindjie ontvang nie, sal nooit daar ingaan nie.”

18. ’n Sekere leier vra Hom en sê: “Goeie Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te erf?”

19. Yeshua sê vir hom: “Waarom noem jy My goed? Daar is nie een goed nie behalwe die Een God.Eks 20:12-16; Deut 5:16-20 Jy mag nie moord pleeg nie; jy mag nie egbreuk pleeg nie; jy mag nie steel nie; jy mag nie ’n vals getuienis gee nie; eer jou vader en jou moeder.”

20. Jy ken die opdragte:

21. Hy sê vir Hom: “Al hierdie dinge gehoorsaam ek van my kinderdae af.”

22. Toe Yeshua dit hoor, antwoord Hy hom: “Nog een ding kom jy kort; verkoop alles wat jy het en gee dit vir die armes en jy sal ’n skat in die hemel hê; kom dan hier, volg My.”

23. Toe hy dit hoor, het hy diep bedroef geword, want hy was baie ryk.

Lees volledige hoofstuk Luka 18