Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 13:16-30 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. Hierdie is egter ’n dogter van Avraham, wat die teëstander, let op, agttien jaar lank gebind het. Is dit teen die wet dat sy op die Shabbat bevry word van hierdie band?”

17. Nadat Hy dit gesê het, het al sy teëstanders skaam geword en al die mense was verheug oor al die wonderwerke wat deur Sy hand gebeur het.

18. Yeshua het gesê: “Soos wat is die Koninkryk van God en waarmee sal Ek dit vergelyk?

19. Dit is soos ’n mosterdsaad wat ’n man gevat en in sy tuin geplant het en dit het gegroei en ’n groot boom geword en die voëls van die hemel het nes gemaak in sy takke.”

20. Weer het Yeshua gesê: “Waarmee sal Ek die Koninkryk van God vergelyk?

21. Dit is soos suurdeeg wat ’n vrou neem en in drie mate (13,5 liter) meel inwerk totdat dit heeltemal ingesuur is.”

22. Hy het op Sy reis na Yerushalayim deur stede en dorpe gegaan en geleer.

23. ’n Man vra vir Hom of daar dan min is wat die Lewe het.

24. Yeshua sê vir hulle: “Stry hard om in te gaan deur die smal poort, want, sê Ek vir julle, baie sal probeer om in te gaan en sal nie kan nie.

25. Die tyd kom wat die Meester van die huis sal opstaan en die deur sluit en julle sal buite staan en begin om aan die deur te klop en te sê: ‘Ons Meester, ons Meester, maak vir ons oop.’ Hy sal antwoord en vir julle sê: ‘Ek weet nie waar julle vandaan is nie.’

26. Dan sal julle begin sê: ‘Ons het saam met U geëet en gedrink en U het op ons strate geleer.’

27. Hy sal vir julle sê: ‘Ek ken julle nie, vanwaar julle is nie. Gaan weg van My, julle werkers van die leuen!’1 Kor 15:24,25

28. Daar sal ’n gehuil wees en ’n gekners van die tande, wanneer julle Avraham, Yitz’gak, Ya’akov en al die profete in die Koninkryk van God sal sien, maar julle sal uitgegooi word.

29. Hulle sal kom van die ooste, van die weste, van die noorde en die suide en teruglê in die Koninkryk van God.

30. Let op, daar is die laaste, wat eerste sal wees en daar is die eerstes wat laaste sal wees.”

Lees volledige hoofstuk Luka 13