Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 10:12-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Ek sê vir julle: vir S’dom sal dit meer uithoudbaar wees in dié dag as vir daardie stad.

13. Wee jou, Korazin! Wee jou, Beit-Tzaidah! Want as die kragtige dade in Tzor en Tzidon gebeur het wat in julle plaasgevind het, het hulle lankal in sak en as gesit, hulle sonde besef en berou gehad,

14. maar vir Tzor en Tzidon sal dit in die oordeel meer uithoudbaar wees as vir julle.Yes 14:13,15

15. Vir jou, K’far-Nagum, wat tot die hemel toe verhoog is, jy sal tot Sh’ol toe afgegooi word.

16. Wie na julle luister, luister na My en wie julle verwerp, verwerp My en wie My verwerp, verwerp Hom wat My gestuur het.”

17. Die sewentig wat Hy gestuur het, het met vreugde teruggekom en gesê: “Ons Meester, selfs die demone is onderworpe aan ons in U Karakter en Outoriteit (Naam).”

18. Hy sê egter vir hulle: “Ek het die teëstander soos ’n weerligstraal uit die hemel sien val.

19. Let op, Ek het vir julle die outoriteit gegee om op slange en skerpioene te trap en oor al die krag van die vyand en niks sal julle skade doen nie.

20. Meer nog, julle moenie bly wees dat die demone aan julle onderworpe is nie, maar wees bly dat julle name in die hemel opgeskryf is.”Yes 29:14 Ja, My Vader, want so was dit U wil.”

21. Op daardie oomblik het Yeshua deur die Gees van Afsondering gespring van vreugde en gesê: “Ek dank U, My Vader, Meester van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge weggesteek het vir wyse en slim mense en dit aan kinders openbaar het.

22. Hy het Hom omgedraai na Sy studentevolgelinge en vir hulle gesê: “Alles is aan My oorgegee deur My Vader en niemand weet wie die Seun is nie, behalwe die Vader en wie die Vader is nie, behalwe die Seun en hý aan wie die Seun dit wil openbaar.”

23. Hy draai na Sy studentevolgelinge alleen en sê vir hulle: “Uitermate gelukkig is die oë wat sien wat julle sien,

24. want Ek sê vir julle, baie profete en konings het begeer om te sien wat julle sien en het dit nie gesien nie en om te hoor wat julle hoor en het dit nie gehoor nie.”

Lees volledige hoofstuk Luka 10