Ou Testament

Nuwe Testament

Kolossense 3:17-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. Alles wat julle doen in woord of in daad, doen dit in die Karakter en Outoriteit (Naam) van ons Meester Yeshua, Die Gesalfde Een en gee dank aan God-die-Vader deur Hom.

18. Vroue, wees aan julle eie mans gehoorsaam soos dit reg is in Die Gesalfde Een.

19. Mans, julle moet jul vroue liefhê en nie bitter wees teenoor hulle nie.

20. Kinders, julle moet julle ouers in alles gehoorsaam wees, want dit stel ons Meester tevrede.

21. Vaders, moenie julle kinders kwaad maak sodat hulle nie moedeloos word nie.

22. Slawe, julle moet jul meesters na die vlees in alles gehoorsaam wees, nie net as jy dopgehou word soos hulle wat mense tevrede stel nie, maar in ’n suiwer verstand, wil en emosie en in die respekvolle vrees van יהוה:

23. Doen alles wat julle doen vanuit julle hele verstand, wil en emosie soos vir ons Meester en nie vir mense nie

24. en weet dat julle van ons Meester ’n beloning sal ontvang deur die erfporsie van יהוה, want julle dien Die Gesalfde Een.

25. Wie egter verkeerd doen, sal betaal volgens wat hy verkeerd doen en daar is geen aanneming van die persoon nie.

Lees volledige hoofstuk Kolossense 3