hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4

Ou Testament

Nuwe Testament

Kolossense 3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. As julle dus saam met Die Gesalfde Een opgestaan het, soek die dinge daarbo waar Die Gesalfde Een is en aan die regterhand van God sit.

2. Word gevoed deur die dinge wat daarbo is, nie met dit wat op die aarde is nie,

3. want julle is dood en julle lewe is saam met Die Gesalfde Een weggesteek in God.

4. Wanneer Die Gesalfde Een, wat ons lewe is, openbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in die Gemanifesteerde Teenwoordigheid openbaar word.

5. Maak daarom die aardse dele van julle liggaam, naamlik seksuele oortredings, onreinheid, siektes, bose begeertes en gierigheid, wat afgodediens is, dood,

6. want as gevolg van hierdie dinge kom die woede van God oor Sy ongehoorsame kinders,

7. waarin julle ook vroeër geleef het toe julle vasgevang was daarin,

8. maar nou moet julle al hierdie dinge afgooi: kwaadword, woede, boosheid, kwaadpraat en vuil taal.

9. Moet ook nie vir mekaar lieg nie, gooi af die ou mens en sy dade

10. en trek die nuwe aan wat voortdurend in kennis, in die beeld van sy Skepper, nuut gemaak word,

11. waar daar nie Jood en Arameër, besnedene en onbesnedene, Griek en barbaar, of slaaf en vryman is nie, maar Die Gesalfde Een alles en in almal is.

12. As hulle wat gekies is deur God daarom afgesonder is, hulle vir wie Hy lief is, trek onverdiende guns, omgee, sagte goedheid, nederigheid, sagtheid en geduld aan.

13. Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander ’n klagte het, net soos Die Gesalfde Een julle vergeef het, so moet julle ook vergewe.Efe 3:15-19; Kol 1:9-10

14. Saam met dit alles, trek die liefde aan wat die band tot volmaaktheid is

15. en die vrede van Die Gesalfde Een sal julle verstand, wil en emosie beheer, waartoe julle geroep is in een liggaam en wees dankbaar teenoor Die Gesalfde Een

16. sodat Sy boodskap ryklik in julle kan bly in wysheid. Leer en onderrig mekaar in die Psalms (gedigte met instrumentale musiek), in lofsange en in liedere van die Gees en sing in julle verstand, wil en emosie met dankbaarheid tot God.

17. Alles wat julle doen in woord of in daad, doen dit in die Karakter en Outoriteit (Naam) van ons Meester Yeshua, Die Gesalfde Een en gee dank aan God-die-Vader deur Hom.

18. Vroue, wees aan julle eie mans gehoorsaam soos dit reg is in Die Gesalfde Een.

19. Mans, julle moet jul vroue liefhê en nie bitter wees teenoor hulle nie.

20. Kinders, julle moet julle ouers in alles gehoorsaam wees, want dit stel ons Meester tevrede.

21. Vaders, moenie julle kinders kwaad maak sodat hulle nie moedeloos word nie.

22. Slawe, julle moet jul meesters na die vlees in alles gehoorsaam wees, nie net as jy dopgehou word soos hulle wat mense tevrede stel nie, maar in ’n suiwer verstand, wil en emosie en in die respekvolle vrees van יהוה:

23. Doen alles wat julle doen vanuit julle hele verstand, wil en emosie soos vir ons Meester en nie vir mense nie

24. en weet dat julle van ons Meester ’n beloning sal ontvang deur die erfporsie van יהוה, want julle dien Die Gesalfde Een.

25. Wie egter verkeerd doen, sal betaal volgens wat hy verkeerd doen en daar is geen aanneming van die persoon nie.