Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 10:4-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. want dit is nie moontlik vir die bloed van bulle en jaaroud bokke om die sonde weg te was nie.

5. Toe Hy in die wêreld inkom, het Hy daarom gesê: “Offers en brandoffers wou U nie gehad het nie, maar U het My met ’n liggaam aangetrek.Ps 51:18-21; 1 Sh'm 15:22; Hos 6:6; Mat 9:13

6. Brandoffers van vrede vir sonde het U nie gevra nie.Ps 40:7-9

7. Toe het Ek gesê: “Let op, Ek kom,” want aan die begin van die Geskrifte is dit van My geskryf, “om U wil te doen, o God.”

8. Hierbo sê Hy: “Offers, graanoffers, brandoffers en sondoffers wil U nie hê nie,” dit wat volgens die geskrewe wet geoffer word,

9. daarna het Hy gesê: “Let op, Ek kom om U wil te doen, o God.” Hierin skaf Hy die eerste af om die tweede te vestig,

10. want in Sy wil word ons net een maal afgesonder deur die offer van die liggaam van Yeshua, Die Gesalfde Een.

11. Elke hoofpriester staan elke dag om te bedien en dieselfde offers te bring wat van die ou tyd af nooit die sondes kon verwyder nie,Ps 110:1

12. maar Hy het een offer ter wille van sonde gebring en gaan sit aan die regterkant van God vir altyd,

13. wagtend verder totdat Sy vyande ’n voetbank onder Sy voete gemaak is,

14. want deur een offer het Hy vir altyd die wat daardeur afgesonder is, tot die doel gebring.

15. Die Gees van Afsondering getuig ook vir ons en sê:Yir 31:33

16. “Dit is die verbond wat Ek met hulle sal sluit ná dié dae,” sê יהוה; “Ek sal My wet gee in hulle begrip en in hulle verstand, wil en emosie sal Ek dit inskryf

17. en hulle sondes en hulle oortredinge van die wet sal Ek nie onthou nie,”

18. maar waar daar vergifnis van sonde is, is daar nie ’n offer vir die sonde nodig nie.

19. Daar is dus vir ons vrymoedigheid broers, om in die Afgesonderde Plek in te gaan deur die bloed van Yeshua

20. en deur die metode van Lewe, wat ons vernuwe het binne die skeidingsgordyn, wat Sy liggaam isYir 33:21-22

21. en ons het ’n Groot nie-Levitiese Priester oor die huis van God.Yeg 36:25

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 10