hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13

Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. want die geskrewe wet was ’n skaduwee van die goeie dinge wat sou kom, nie die kern van die dinge nie omdat die offers wat elke jaar gebring word, dié wat hulle offer, nooit volmaak kan maak nie,

2. want as dit volmaak gemaak het, sou hulle sonder twyfel opgehou het om te offer omdat hulle geen gewete meer oor sondes sou hê nadat hulle een maal gereinig is nie,

3. maar deur die offers onthou hulle elke jaar hul sondes,

4. want dit is nie moontlik vir die bloed van bulle en jaaroud bokke om die sonde weg te was nie.

5. Toe Hy in die wêreld inkom, het Hy daarom gesê: “Offers en brandoffers wou U nie gehad het nie, maar U het My met ’n liggaam aangetrek.Ps 51:18-21; 1 Sh'm 15:22; Hos 6:6; Mat 9:13

6. Brandoffers van vrede vir sonde het U nie gevra nie.Ps 40:7-9

7. Toe het Ek gesê: “Let op, Ek kom,” want aan die begin van die Geskrifte is dit van My geskryf, “om U wil te doen, o God.”

8. Hierbo sê Hy: “Offers, graanoffers, brandoffers en sondoffers wil U nie hê nie,” dit wat volgens die geskrewe wet geoffer word,

9. daarna het Hy gesê: “Let op, Ek kom om U wil te doen, o God.” Hierin skaf Hy die eerste af om die tweede te vestig,

10. want in Sy wil word ons net een maal afgesonder deur die offer van die liggaam van Yeshua, Die Gesalfde Een.

11. Elke hoofpriester staan elke dag om te bedien en dieselfde offers te bring wat van die ou tyd af nooit die sondes kon verwyder nie,Ps 110:1

12. maar Hy het een offer ter wille van sonde gebring en gaan sit aan die regterkant van God vir altyd,

13. wagtend verder totdat Sy vyande ’n voetbank onder Sy voete gemaak is,

14. want deur een offer het Hy vir altyd die wat daardeur afgesonder is, tot die doel gebring.

15. Die Gees van Afsondering getuig ook vir ons en sê:Yir 31:33

16. “Dit is die verbond wat Ek met hulle sal sluit ná dié dae,” sê יהוה; “Ek sal My wet gee in hulle begrip en in hulle verstand, wil en emosie sal Ek dit inskryf

17. en hulle sondes en hulle oortredinge van die wet sal Ek nie onthou nie,”

18. maar waar daar vergifnis van sonde is, is daar nie ’n offer vir die sonde nodig nie.

19. Daar is dus vir ons vrymoedigheid broers, om in die Afgesonderde Plek in te gaan deur die bloed van Yeshua

20. en deur die metode van Lewe, wat ons vernuwe het binne die skeidingsgordyn, wat Sy liggaam isYir 33:21-22

21. en ons het ’n Groot nie-Levitiese Priester oor die huis van God.Yeg 36:25

22. Laat ons nader gaan met ’n opregte verstand, wil en emosie in sekerheid van vertroue terwyl ons verstand, wil en emosie besprinkel is en gereinig is van ’n bose gewete en ons liggaam gewas is met skoon water.

23. Laat ons vashou aan die belydenis van ons versekerde verwagting en nie wankel nie, want Hy wat dit beloof het, is vertrouenswaardig.

24. Neem mekaar in ag deur mekaar aan te moedig deur liefde en goeie werke.

25. Ons moenie ons byeenkomste, soos die gewoonte vir elke persoon is, staak nie, maar kyk uit vir mekaar, al hoe meer namate julle daardie dag sien nader kom,

26. want as iemand opsetlik sondig nadat hy die kennis van die waarheid ontvang het, is daar nie ’n offer wat agterna geoffer kan word vir sondes nie,Yes 26:11

27. maar die verskriklike oordeel van die verterende vuur, wat die teëstanders sal verteer.Deut 17:6; Deut 19:15

28. As iemand teen die wet van Moshe oortree het, sterf hy op die getuienis van twee of drie sonder oorsien.

29. Hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy ontvang wat die Seun van God vertrap het en die bloed van Sy verbond gewoon geag het, wat daardeur afgesonder is en die Gees van onverdiende guns verag het?Deut 32:35

30. Ons ken Hom wat gesê het: “My kom die wraak toe, Ek sal terugbetaal,” sê יהוה; en weer: “יהוה sal Sy volk oordeel.”

31. Dit is verskriklik erg om in die hande van die lewende God te val.

32. Onthou daarom die eerste dae waarin julle die doop ontvang het en julle ’n groot stryd van lyding deurstaan het met skande en droefheid

33. en julle ’n bespotting gemaak is omdat julle deelgenote geword het van die wat hierdie dinge deurgemaak het

34. en dit ook vir julle pynlik was, saam met die wat gevange geneem is en julle die berowing van julle goed met blydskap aanvaar het omdat julle geweet het dat julle ’n beter besitting het in die hemel, wat nie verbygaan nie.

35. Moet daarom nie julle vrymoedigheid weggooi nie, want daar kom ’n groot beloning daarvoor,

36. want julle het geduld nodig om die wil van God te doen en die belofte te ontvang,

37. want daar is baie min tyd voordat Hy wat kom, sál arriveer en nie talm nie,Hav 2:3-4

38. maar die onskuldiges sal vanuit My vertroue lewe en as hy dit opgee, is Ekself nie met hom tevrede nie,

39. maar ons is nie wanhopig, wat lei tot vernietiging, nie, maar in vertroue, wat aan ons lewe gee.Hav 2:4 asof dit daardie dinge in aksie is en die openbaring van die dinge wat nie gesien word nie,