Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 10:18-29 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. maar waar daar vergifnis van sonde is, is daar nie ’n offer vir die sonde nodig nie.

19. Daar is dus vir ons vrymoedigheid broers, om in die Afgesonderde Plek in te gaan deur die bloed van Yeshua

20. en deur die metode van Lewe, wat ons vernuwe het binne die skeidingsgordyn, wat Sy liggaam isYir 33:21-22

21. en ons het ’n Groot nie-Levitiese Priester oor die huis van God.Yeg 36:25

22. Laat ons nader gaan met ’n opregte verstand, wil en emosie in sekerheid van vertroue terwyl ons verstand, wil en emosie besprinkel is en gereinig is van ’n bose gewete en ons liggaam gewas is met skoon water.

23. Laat ons vashou aan die belydenis van ons versekerde verwagting en nie wankel nie, want Hy wat dit beloof het, is vertrouenswaardig.

24. Neem mekaar in ag deur mekaar aan te moedig deur liefde en goeie werke.

25. Ons moenie ons byeenkomste, soos die gewoonte vir elke persoon is, staak nie, maar kyk uit vir mekaar, al hoe meer namate julle daardie dag sien nader kom,

26. want as iemand opsetlik sondig nadat hy die kennis van die waarheid ontvang het, is daar nie ’n offer wat agterna geoffer kan word vir sondes nie,Yes 26:11

27. maar die verskriklike oordeel van die verterende vuur, wat die teëstanders sal verteer.Deut 17:6; Deut 19:15

28. As iemand teen die wet van Moshe oortree het, sterf hy op die getuienis van twee of drie sonder oorsien.

29. Hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy ontvang wat die Seun van God vertrap het en die bloed van Sy verbond gewoon geag het, wat daardeur afgesonder is en die Gees van onverdiende guns verag het?Deut 32:35

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 10