Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 10:12-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. maar Hy het een offer ter wille van sonde gebring en gaan sit aan die regterkant van God vir altyd,

13. wagtend verder totdat Sy vyande ’n voetbank onder Sy voete gemaak is,

14. want deur een offer het Hy vir altyd die wat daardeur afgesonder is, tot die doel gebring.

15. Die Gees van Afsondering getuig ook vir ons en sê:Yir 31:33

16. “Dit is die verbond wat Ek met hulle sal sluit ná dié dae,” sê יהוה; “Ek sal My wet gee in hulle begrip en in hulle verstand, wil en emosie sal Ek dit inskryf

17. en hulle sondes en hulle oortredinge van die wet sal Ek nie onthou nie,”

18. maar waar daar vergifnis van sonde is, is daar nie ’n offer vir die sonde nodig nie.

19. Daar is dus vir ons vrymoedigheid broers, om in die Afgesonderde Plek in te gaan deur die bloed van Yeshua

20. en deur die metode van Lewe, wat ons vernuwe het binne die skeidingsgordyn, wat Sy liggaam isYir 33:21-22

21. en ons het ’n Groot nie-Levitiese Priester oor die huis van God.Yeg 36:25

22. Laat ons nader gaan met ’n opregte verstand, wil en emosie in sekerheid van vertroue terwyl ons verstand, wil en emosie besprinkel is en gereinig is van ’n bose gewete en ons liggaam gewas is met skoon water.

23. Laat ons vashou aan die belydenis van ons versekerde verwagting en nie wankel nie, want Hy wat dit beloof het, is vertrouenswaardig.

24. Neem mekaar in ag deur mekaar aan te moedig deur liefde en goeie werke.

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 10