Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 25:6-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Nadat hy agt of tien dae onder hulle gebly het, het hy na Kaisareia afgegaan en die volgende dag op die regterstoel gaan sit en bevel gegee dat Sha’ul gebring moes word.

7. Toe hy kom, het die Jode wat vanaf Yerushalayim gekom het, rondom hom gestaan en baie en ernstige beskuldigings teen Sha’ul gemaak, wat hulle nie kon bewys nie.

8. Tot sy verdediging het Sha’ul gesê: “Ek het geen oortreding teen die wet van die Jode of teen die tempel of teen die keiser begaan nie.”

9. Omdat Festos aan die Jode ’n guns wou bewys, het hy geantwoord en vir Sha’ul gesê: “Wil jy na Yerushalayim opgaan en daar voor my oor hierdie dinge teregstaan?”

10. Toe sê Sha’ul: “Ek staan voor die regterstoel van die keiser waar ek geoordeel moet word. Teen die Jode het ek nie gesondig nie, soos u ook weet,

11. want as ek oortree het of iets gedoen het wat die dood verdien, weier ek nie om te sterf nie, maar as daar niks is in die dinge waarvan hulle my beskuldig nie, dan kan niemand my aan hulle, by wyse van guns, oorlewer nie. Ek appelleer tot die keiser!”

12. Toe antwoord Festos, nadat hy met die Raad gepraat het: “Na die keiser het jy appelleer; na die keiser sal jy gaan!”

13. Ná verloop van ’n paar dae het koning Agrippus en Bernike in Kaisareia aangekom om na Festos se welstand te vra.

14. Toe hulle verskeie dae daar deurgebring het, het Festos die saak van Sha’ul aan die koning voorgelê en gesê: “Hier is ’n man, deur Felix as gevangene agtergelaat,

15. teen wie die leierpriesters en die oudstes van die Jode, toe ek in Yerushalayim was, ’n oordeel gevra het

Lees volledige hoofstuk Handelinge 25