Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 22:1-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. “Broers en vaders, luister nou na my verdediging teenoor julle!”

2. Toe hulle hoor dat hy met hulle in Aramees praat, was hulle nog stiller en hy sê:

3. “Ek is ’n Jood, gebore in Tarsus van Silicia, maar het groot geword in hierdie stad, opgevoed aan die voete van Gamali’el, streng volgens die wette (instruksies) van ons vaders. Ywerig vir God, net soos julle almal vandag is;

4. wat hierdie manier van lewe vervolg het tot die dood toe en manne, asook vroue, geboei en aan tronke oorgegee het,

5. soos ook die hoofpriester en die hele raad van oudstes my getuies is, van wie ek ook briewe aan die broers in Dammesek ontvang het sodat ek ook daar, dié wat daar was, geboeid na Yerushalayim kon bring sodat hulle met die dood gestraf kon word.

6. Terwyl ek op pad was naby Dammesek, het daar op die middaguur skielik ’n helder lig uit die hemel om my geskyn

7. en ek het op die grond geval en ’n stem vir my hoor sê: ‘Sha’ul, Sha’ul, waarom vervolg jy My?’

8. Ek het geantwoord en gesê: ‘Wie is U, my Meester?’ Hy het vir my gesê: ‘Ek is Yeshua, van Natzeret, wat jy vervolg.’

9. Die manne wat saam met my was, het die helder lig gesien, maar die stem van Hom wat met my gepraat het, nie gehoor nie.

10. Ek het gesê: ‘Wat moet ek doen, my Meester?’ Ons Meester het vir my gesê: ‘Staan op, gaan na Dammesek en daar sal vir jou gesê word alles wat jou opdragte is om te doen.’

11. Toe ek weens die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van daardie Lig nie kon sien nie, is ek deur dié wat saam met my was by die hand gelei en het in Dammesek gekom.

12. ’n Sekere Gananyah, ’n opregte en onpartydige man volgens die wet, wat ’n goeie getuienis gehad het by al die Jode wat daar bly,

Lees volledige hoofstuk Handelinge 22