Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 14:1-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Daar aangekom, het hulle in die bymekaarkomplek van die Jode ingegaan en so gepraat dat baie Jode, sowel as Grieke, vertrou het,

2. maar die ongelowige Jode het die manne van ander nasies teen die broers opgestook om hulle kwaad aan te doen.

3. Hulle het ’n lang tyd daar gebly en vrymoediglik in die openbaar aangaande יהוה gepraat en Hy het, deur tekens en wonders deur hulle hande te doen, getuienis gegee aangaande die boodskap van Sy onverdiende guns.

4. Die mense van die stad was egter verdeeld; sommige saam met die Jode en ander saam met die afgevaardigdes.

5. Daar was egter ’n besluit van húlle van die ander nasies en ook die Jode, saam met hulle leiers, om hulle aan te val en met klippe te stenig.

6. Toe hulle dit te wete kom het hulle na die stede van Lukaonia: Lustra, Derbe en die dorpies rondom, gevlug.

7. Daar het hulle die goeie boodskap verkondig.

8. In Lustra het daar ’n sekere man gesit wat nie sy voete kon gebruik nie. Kreupel, van geboorte af het hy nog nooit geloop nie.

9. Hy het geluister terwyl Sha’ul praat en Sha’ul het hom stip dopgehou en, toe hy sien dat hy die vertroue het om lewe te ontvang,

10. met ’n harde stem vir hom gesê: “Vir jou sê ek in die Karakter en Outoriteit (Naam) van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, staan regop op jou voete!” Hy het opgespring en rondgeloop,

11. maar toe die mense sien wat Sha’ul gedoen het, verhef hulle hul stem en sê in die taal van die land: “Die gode het soos mense geword en afgekom na ons toe.”

12. Hulle het vir Bar-Nabba, meester van die gode (Zeus, Júpiter) genoem en vir Sha’ul, Hermes (Mercurius) omdat hy die boodskapper was.

13. Die priester van ‘die meester van die gode,’ wie se tempel buite hulle stad was, het bulle en sierkranse na die poorte gebring en wou ’n offer aan hulle bring,

Lees volledige hoofstuk Handelinge 14