Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 11:13-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. en hy het aan ons verduidelik hoe die boodskapper in sy huis verskyn en vir hom gesê het: ‘Stuur manne na Yafo en laat vir Shim’on haal, wat ook Kefa genoem word,

14. wat vir jou woorde sal bring waardeur jy en jou hele huis lewe sal ontvang.’

15. Terwyl ek daar besig was om te praat, het die Gees van Afsondering op hulle gekom net soos in die begin op ons

16. en ek is herinner aan die woord van die Meester, dat Hy gesê het: ‘Yoganan het met water gedoop, maar julle sal met die Gees van Afsondering gedoop word.’

17. As God daarom aan hulle, wat in die Meester Yeshua, Die Gesalfde Een, vertrou het, dieselfde geskenk gegee het soos aan ons, wie was ek dan, dat ek God kon keer?”

18. Toe hulle dit hoor, was hulle stil en het eer, lof en aanbidding aan God gebring en gesê: “Miskien het God ook aan die ander nasies die erkenning, belydenis en wegdraai van sonde na God toe, tot die lewe, gegee.”

19. Die wat verstrooi was, deur die vervolging wat na Stefanos ontstaan het, het Foinike bereik, asook die streek van Kupros en Antiogeia, sonder om aan iemand die boodskap te bring, behalwe tot die Jode alleen,

20. maar daar was sommige van hulle, manne van Kupros en Kurene, wat in Antiogeia gekom het en met die Grieke gepraat het en aangaande ons Meester Yeshua verkondig het

21. en die hand van יהוה was met hulle en ’n groot getal het vertrou en het omgedraai na יהוה toe.

22. Toe die boodskap hiervan die gemeente, wat in Yerushalayim was, se ore bereik, het hulle Bar-Nabba afgestuur na Antiogeia.

23. Toe hy daar kom en die onverdiende guns van God sien, was hy verheug en het almal aangemoedig om met hulle hele verstand, wil en emosie aan ons Meester vas te hou,

Lees volledige hoofstuk Handelinge 11