hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4

Ou Testament

Nuwe Testament

Filippense 2 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. As daar daarom vir julle enige vertroosting en versterking in eenheid met Die Gesalfde Een is; of as daar vólmaking van die verstand, wil en emosie met liefde is; of as daar gemeenskap met die Gees is; of as daar sagte omgee en bejammering is,

2. maak my blydskap volledig deur een gedagte te hê; een liefde; een gees; een denke.

3. Moet niks doen uit tweespalt of in leë eer en lof nie, maar in nederigheid van gedagte moet die een sy naaste hoër ag as homself.

4. Moet ook nie elkeen vir sy eie dinge omgee nie, maar elkeen ook vir díe van sy naaste.

5. Hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Die Gesalfde Een, Yeshua, is,

6. Hy wat, terwyl Hy die afbeelding van God was, dit geen roof geag het om soos God te wees nie,

7. maar Homself gestroop en die gestalte van ’n slaaf aangeneem het in die vorm van ’n mens en gevind is in die gedaante van ’n man:

8. Hy het Homself verneder en was gehoorsaam tot die dood toe, die dood deur gekruisig te word.Ps 110:1 en aan Hom die Karakter en Outorteit (naam) gegee wat bo elke karakter en outoriteit (Naam) is

9. God het Hom daarom ook tot die hoogste plek opgeligYes 45:23 dié wat in die hemel en dié wat op die aarde en dié wat onder die aarde is

10. sodat elke knie sal buig tot eer van die Karakter en Outoriteit (Naam) wat aan Yeshua gegee is,

11. en elke tong sal erken dat Yeshua, Die Gesalfde Een, יהוה is, tot eer, lof en aanbidding van God-die-Vader.Ps 2:11

12. Julle vir wie ek liefhet, soos julle altyd gehoorsaam was, nie in my teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, meer as ooit, doen daarom die diens van julle lewe met vrees en bewing,

13. want God werk versigtig in julle om beide te begeer asook om dit te doen waarna julle begeer.

14. Doen alles sonder om te kla en sonder verdeeldheidDeut 32:5 onder wie julle skyn soos ligte in die wêreld,

15. sodat julle volmaak en onberispelik kan wees, as gereinigde kinders van God wat in ’n harde en verdraaide geslag leef,

16. want julle staan in die plek van lewe vir hulle; vir my om oor te roem in die dag van Die Gesalfde Een, want ek het nie verniet gehardloop of vir niks gewerk nie,

17. maar al word ek as ’n drankoffer uitgegooi oor julle offer en die diens van julle vertroue, verbly en verheug ek my saam met julle almal.

18. Net so moet julle ook saam met my bly wees en julle verheug.

19. Ek verwag, in eenheid met ons Meester, Yeshua, om Timotheos gou na julle te stuur sodat dit vir my ook verfrissend kan wees wanneer ek van julle hoor,

20. want ek het niemand anders hier wat net soos ek ernstig omgee vir julle nie,

21. want hulle soek almal hul eie belange, nie dié van Die Gesalfde Een, Yeshua nie.

22. Die bewys van hiérdie een ken julle, dat hy, soos ’n kind by sy vader, saam met my in diens van die goeie boodskap is.

23. Ek verwag om hom gou te stuur, sodra ek sien hoe dit met my sal gaan

24. en ek vertrou op my Meester dat ek self ook gou na julle toe sal kom.

25. Nou het ’n saak my genoodsaak om Epafroditos, my broer, medewerker en julle afgevaardigde en bedienaar van my behoefte, na julle toe te stuur

26. omdat hy na julle almal verlang het en besorg was omdat julle gehoor het dat hy siek was,

27. want hy was ook siek, naby die dood, maar God het vir hom omgegee en nie vir hom alleen nie, maar ook vir my sodat ek nie droefheid op droefheid sou hê nie.

28. Ek het hom daarom gretiglik gestuur sodat julle hom kan sien en julle verbly en ek ’n bietjie sal rus.

29. Ontvang hom daarom in יהוה in alle vreugde en hou sulke manne in hoë eer,

30. want ter wille van die werk van Die Gesalfde Een het hy tot naby die dood gekom en sy lewe nie in ag geneem, om te voltooi wat julle kortgekom het in die dienslewering aan my, nie.