Ou Testament

Nuwe Testament

Filippense 1:16-30 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. want hulle weet dat ek aangestel is om uit te gaan in verdediging van die goeie boodskap,

17. maar dié wat uit tweespalt Die Gesalfde Een verkondig, is nie opreg nie, maar hoop om lyding by my gevangeskap by te voeg.

18. Hierin het ek my verheug en verheug ek my, dat in elke geval: of dit uit voorgee, of uit waarheid is, die Gesalfde Een verkondig word,Iyov 13:16

19. want ek weet dat hierdie dinge vir my tot lewe gevind sal word deur julle gebed en deur die geskenk van die Gees van Yeshua, Die Gesalfde Een,

20. net soos ek ’n versekerde verwagting en afwagting het om in niks beskaam te word nie, maar dat Die Gesalfde Een, soos altyd, so ook nou, met vrymoedige openheid groot gemaak sal word in my liggaam, of dit deur die lewe of deur die dood is,

21. want my lewe ís Die Gesalfde Een en as ek sterf is dit tot my voordeel.

22. As daar ook op my werk in dié lewe van die vlees vrug is, weet ek nie wat ek sal kies nie,

23. want ek word van weerskante gedring: om weg te gaan, want ek het ’n begeerte om by Die Gesalfde Een te wees, want dit is baie voordeliger vir my,

24. maar ek word ook gedring om in my liggaam te bly, ter wille van julle

25. en dit weet ek verseker, dat ek sal bly en by julle almal sal wees, vir julle blydskap en vir julle groei in vertroue.

26. Wanneer ek weer na julle toe kom sal ek julle roem, in Die Gesalfde Een, Yeshua alleen, oorvloedig kan maak.

27. Wees gelei soos dit die goeie boodskap van Die Gesalfde Een pas sodat, of ek kom en julle sien en of ek afwesig is en van julle omstandighede hoor, dat julle in een gees en in een denke, wil en emosie staan en julle algemeen bekend is as één in die vertroue van die goeie boodskap

28. en julle in niks rondgeskud sal word deur hulle wat ons teëstaan nie; as ’n demonstrasie van hulle vernietiging, maar van júlle lewe.

29. Dit word vanaf God vir julle gegee sodat julle deur vertroue nie net in Hom, Die Gesalfde Een, vertrou nie, maar ook vir Hom sal ly

30. en julle dieselfde stryd sal deurmaak as wat julle in my gesien het en nou van my hoor.

Lees volledige hoofstuk Filippense 1