Ou Testament

Nuwe Testament

Efesiërs 2:11-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. As gevolg hiervan, onthou dat julle vroeër nie-Jode in die vlees was en ‘onbesnedenis’ genoem is, anders as hulle wat ‘die besnedenis’ genoem word en ’n werk is wat aan die vlees met hande gedoen word

12. en dat julle in daardie tyd sonder Die Gesalfde Een was, vreemdelinge aan die nasionale lewe van Yisra’el en vreemdelinge aan die verbond van die belofte, sonder aktiewe verwagting en sonder God in die wêreld.

13. Nou, in Die Gesalfde Een, Yeshua, het julle wat vroeër op ’n afstand was, naby gekom deur die bloed van Die Gesalfde Een,

14. want Hy is ons Vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding vernietig het.

15. In Sy fisiese liggaam het Hy die haat waardeloos gemaak, wat deur die opinie van mense veroorsaak is aangaande opdragte aangaande die wet sodat deur Sy liggaam, die twee tot een nuwe mens geskep kon word.

16. Hy het die twee se verhouding met God herstel in Een liggaam en deur Sy kruisiging die haat doodgemaak.Yes 57:19

17. Hy het gekom en die goeie boodskap van vrede, vergenoegdheid, gesondheid en voorspoed aan julle wat ver was en aan die wat naby was verkondig,

18. want in Hom is daar vir ons albei toegang deur een Gees tot die Vader.Heb 11:13-16; Open 21:2-27

19. Julle is daarom nie meer vreemdelinge en besoekers nie, maar inwoners van die Stad van die Afgesonderde Een en kinders van die familie van God.Ps 118:22-23

Lees volledige hoofstuk Efesiërs 2