hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6

Ou Testament

Nuwe Testament

Efesiërs 2 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. wat selfs julle volledig maak, wat dood was in julle sondes en in julle dwaashede

2. waarin julle vroeër, volgens die sekulêre lewe van hierdie wêreld en volgens die heersers, die outoriteit van die lug en van hierdie gees wat ywerig is in die kinders van ongehoorsaamheid, geleef het

3. in daardie werke waarin ons ook een of ander tyd aan die begin betrokke was, in die begeertes van ons menslike natuur en toe ons die wil van ons menslike natuur en van ons eie gedagtes gedoen het. Ons was ook volkome kinders van die wraak, net soos ook die ander,

4. maar God, wat ryk is in omgee, het, as gevolg van Sy groot liefde waarmee Hy ons liefgehad het,

5. toe ons dood was in ons sonde, vir ons lewe gegee saam met Die Gesalfde Een en ons deur Sy onverdiende guns gered

6. en ons saam met Hom opgewek en ons saam met Hom laat sit in die hemel, in Die Gesalfde Een, Yeshua,

7. om aan die tydperk wat kom, die oorvloedige rykdom van Sy onverdiende guns in goedheid met sagtheid, wat oor ons gekom het in Die Gesalfde Een, Yeshua, te kan wys,

8. want dit is as gevolg van Sy onverdiende guns dat ons deur die vertroue gered is en dit is nie uit onsself nie, dit is ’n geskenk van God,Yir 9:23

9. nie deur dade nie sodat niemand kan roem nie,Gen 1:26,28; Eks 18:20

10. want ons is Sy skepsele, wat geskape is in Die Gesalfde Een, Yeshua, vir die goeie dade wat God van die begin af vir ons voorberei het om in te leef.

11. As gevolg hiervan, onthou dat julle vroeër nie-Jode in die vlees was en ‘onbesnedenis’ genoem is, anders as hulle wat ‘die besnedenis’ genoem word en ’n werk is wat aan die vlees met hande gedoen word

12. en dat julle in daardie tyd sonder Die Gesalfde Een was, vreemdelinge aan die nasionale lewe van Yisra’el en vreemdelinge aan die verbond van die belofte, sonder aktiewe verwagting en sonder God in die wêreld.

13. Nou, in Die Gesalfde Een, Yeshua, het julle wat vroeër op ’n afstand was, naby gekom deur die bloed van Die Gesalfde Een,

14. want Hy is ons Vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding vernietig het.

15. In Sy fisiese liggaam het Hy die haat waardeloos gemaak, wat deur die opinie van mense veroorsaak is aangaande opdragte aangaande die wet sodat deur Sy liggaam, die twee tot een nuwe mens geskep kon word.

16. Hy het die twee se verhouding met God herstel in Een liggaam en deur Sy kruisiging die haat doodgemaak.Yes 57:19

17. Hy het gekom en die goeie boodskap van vrede, vergenoegdheid, gesondheid en voorspoed aan julle wat ver was en aan die wat naby was verkondig,

18. want in Hom is daar vir ons albei toegang deur een Gees tot die Vader.Heb 11:13-16; Open 21:2-27

19. Julle is daarom nie meer vreemdelinge en besoekers nie, maar inwoners van die Stad van die Afgesonderde Een en kinders van die familie van God.Ps 118:22-23

20. Julle word opgebou op die fondasie van die afgevaardigdes en die profete, met Yeshua, Die Gesalfde Een, self die Hoeksteen van die gebou.

21. In Hom word die hele gebou aanmekaar gesit en dit groei tot ’n afgesonderde tempel in eenheid met יהוה

22. terwyl julle ook vir Hom gebou word tot ’n blyplek van God in die Gees.