hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Yoganan 4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Julle, vir wie ons lief is, vertrou nie elke gees nie, maar onderskei die geeste of hulle vanuit God is, want baie vals profete het uitgegaan die wêreld in.

2. Hieraan word die Gees van God geken: elke gees wat erken dat Yeshua, Die Gesalfde Een, in die vlees gekom het, is vanuit God

3. en elke gees wat nie erken dat Yeshua, Die Gesalfde Een, in die vlees gekom het nie, is nie vanuit God nie, maar dit is die gees van die vals gesalfde, waarvan julle gehoor het dat hy kom en van nou af in die wêreld is.

4. Julle is kinders vanuit God en het hulle oorwin omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is.

5. Hulle is vanuit die wêreld; daarom praat hulle vanuit die wêreld en die wêreld gehoorsaam hulle.

6. Ons is vanuit God. Hy wat God ken, luister na ons en gehoorsaam ons. Hy wat nie vanuit God is nie, luister nie na ons nie en gehoorsaam ons nie. Hierdeur onderskei ons die Gees van waarheid en die gees van misleiding.

7. Julle vir wie ons lief is, laat ons mekaar liefhê, want liefde is vanuit God en elkeen wat lief het, is vanuit God gebore en ken God

8. omdat God liefde is en elkeen wat nie liefhet nie, ken God nie.Yog 3:16

9. Hierin is die liefde van God vir ons openbaar: dat God Sy enigste uniekgebore Seun in die wêreld ingestuur het sodat dit deur Hom kan lewe.

10. Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en Sy Seun, die Vryspraak en Toedekking van ons sondes, gestuur het.

11. Julle, vir wie ons lief is, as God ons so liefhet, is ons dit verskuldig om mekaar lief te hê.

12. Niemand het God ooit gesien nie. As ons mekaar liefhet, bly God in ons en het Sy liefde in ons volmaak geword.

13. Hieraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons: dat Hy ons Sy Gees gegee het

14. en ons het gesien en ons getuig dat die Vader Sy Seun as Verlosser van die wêreld gestuur het.

15. Elkeen wat bely dat Yeshua die Seun van God is; in hom bly God en hy in God.

16. Ons ken en vertrou die liefde wat God vir ons het, want God is Liefde en elkeen wat in die liefde bly, bly in God.

17. Hierin het die liefde by ons volmaak geword: dat ons vrymoedigheid kan hê in die oordeelsdag, want net soos Hy is, so is ons ook in hierdie wêreld.

18. Daar is geen vrees in die liefde nie, maar die volmaakte liefde gooi die vrees buitekant weg, want die vrees is in agterdog en hy wat nie vrees nie, is ontwikkeld in liefde.

19. Ons moet God daarom liefhê omdat Hy ons eerste liefgehad het.Lev 19:17

20. As iemand sê: ‘Ek het God lief ’ en sy broer haat, is hy ’n leuenaar, want wie sy broer, wat hy kan sien, nie liefhet nie, hoe kan hy God liefhê, wat hy nie kan sien nie?

21. Hierdie opdrag het ons van Hom ontvang: dat elkeen wat God liefhet, ook sy broer moet liefhê.