Ou Testament

Nuwe Testament

1 Thessalonisense 2:12-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. om, soos dit gepas is, vir God te leef; Hy wat julle na Sy Koninkryk en Sy Gemanifesteerde Teenwoordigheid geroep het.

13. Ook as gevolg hiervan dank ons God sonder ophou dat julle die boodskap van God, wat julle van ons af ontvang het, nie ontvang het as die boodskap van mense nie, maar, soos dit waarlik is, as die boodskap van God wat ook deur dade werk in julle wat vertrou.

14. Julle, my broers, het egter navolgers geword van die gemeentes van God wat in eenheid met Yeshua, Die Gesalfde Een, in Y’hudah is omdat julle ook dieselfde dinge gely het onder julle eie volksgenote, net soos hulle gely het onder die inwoners van Y’hudah,

15. die wat ons Meester, Yeshua en hulle eíe profete vermoor het, ons vervolg het, God nie tevrede stel nie en alle mense teëstaan,

16. want hulle verbied ons om met die ander nasies te praat sodat hulle kan lewe. Hulle sondes word op díe manier volledig gemaak, maar die toorn sal oor hulle kom tot die einde toe.

17. Ons, my broers, was ’n kort tydjie van julle af weg in persoon, nie in denke, wil en emosie nie en ons het al hoe meer moeite gedoen om julle in baie liefde te sien

18. en het begeer om na julle toe te kom. Ek Sha’ul, meer as een maal, maar die teëstander het my verhinder.

19. Wie anders as julle is ons versekerde verwagting en blydskap, of die kroon van ons lof en eer in die Teenwoordigheid van ons Meester, Yeshua, by Sy koms?

20. Julle is ons eer, lof en blydskap.

Lees volledige hoofstuk 1 Thessalonisense 2