Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 11:3-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. maar ek wil hê dat julle moet weet dat Die Gesalfde Een die hoof is van elke man en die man is die hoof van die vrou en God is die hoof van Die Gesalfde Een.

4. Elke man wat bid of profeteer met sy kop toegemaak, onteer sy kop

5. en elke vrou wat bid of profeteer met haar kop ontbloot, onteer haar kop, want sy is net soos een wie se kop geskeer is,

6. want as ’n vrou se kop nie toegemaak is nie, laat sy dan ook haar kop skeer, maar as dit vir ’n vrou lelik is om haar hare te sny of te skeer, laat sy haar kop heeltemal toemaak.

7. ’n Man is nie verplig om sy kop toe te maak nie omdat hy die beeld, eer en lof van God is, maar die vrou is die eer en lof van die man,Gen 2:21-23

8. want die man is nie vanuit die vrou nie, maar die vrou vanuit die manGen 2:18

9. en die man is ook nie ter wille van die vrou geskape nie, maar die vrou ter wille van die man.

10. Die vrou moet daarom ’n aanduiding van outoriteit oor haar kop hê ter wille van die engele.

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 11